Woord vir Vandag - 8 Aug 2026

Loading player...
“’n Verstandige mens hou homself in bedwang…” Spreuke 19:11 NLV
Hoe om woede vir jou te laat werk (2)
Woede maak baie van ons bang, omdat ons al daardeur skade gely het. Woede kan egter ‘n bewys wees dat ‘n persoon vir iemand of iets omgee. Wanneer julle woede afskakel, elimineer dit julle passie, intimiteit en liefde. Hier is twee maniere om woede vir jou te laat werk: 1) Rig jou woede op die regte teiken. Jou eggenoot is nie die vyand nie; Satan is. Hy kom ‘…om te steel, dood te maak en te vernietig’ (Johannes 10:10 NLV). Hy is die een wat probeer om ‘n wig tussen julle in te dryf. Verskuif bewustelik jou fokus van jou eggenoot na die probleem toe. Word byvoorbeeld kwaad vir jou gebrek aan finansies, nie vir jou eggenoot se besteding nie. Word kwaad vir eise wat julle in verskillende rigtings trek, nie vir jou eggenoot wat laat by die werk bly nie. Word kwaad vir die beperkings op intimiteit, nie vir jou eggenoot wat nee vir seks nie sê nie. Plaas die probleem apart van jou en jou eggenoot. Sien julleself as ‘n span wat die probleem saam beveg. Val die probleem aan, nie mekaar nie. 2) Identifiseer die oorsprong. Vind die pyn wat die woede veroorsaak. Soek daarna in jou en jou eggenoot se harte. Watter behoefte word nie vervul nie? Watter wond is blootgelê? Watter skaamte of vrees word opgewek? Wanneer jy die pyn identifiseer, sal jy myle nader aan die oplossing wees. Wees egter versigtig! Deur kwesbaar te wees, kan julle mekaar soms seermaak; erken dit en vergewe mekaar vinnig wanneer dit gebeur. Om by mekaar betrokke te bly wanneer julle kwesbaar is, sal die vlak van julle intimiteit soos niks anders kan nie, verhoog. Omarm dus woede as God se geskenk en leer hoe om dit vir jou te laat werk.
28 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min