Woord vir Vandag - 9 Aug

Loading player...
“Die Here verafsku mense wat hulle woord breek. Hy hou van mense wat by hulle woord staan.” Spreuke 12:22 NLV
Praat die waarheid
Rosalie Elliot het die vierde rondte van ‘n nasionale spelkompetisie in Washington DC, gehaal. Die elfjarige van Suid-Carolina is gevra om die woord ‘avowal’ te spel. In haar sagte suidelike aksent het sy die woord gespel, maar die beoordelaars kon nie besluit of sy ‘n a of ‘n e as die voorlaaste letter gebruik het nie. Hulle het vir ‘n paar minute onder mekaar gedebatteer terwyl hulle na die opname geluister het, maar die aksent was te vaag om te ontsyfer. Uiteindelik het die hoofbeoordelaar die vraag aan die enigste persoon wat die antwoord geken het, gestel. ‘Was die letter ‘n a, of was dit ‘n e?’ het hy vir Rosalie gevra. Teen hierdie tyd, omring deur die ander jong deelnemers wat onder mekaar gefluister het, het Rosalie die korrekte spelling van die woord geken. Tog het sy sonder aarseling geantwoord dat sy die woord verkeerd gespel het en van die verhoog af geloop. Die hele gehoor, insluitend sowat vyftig koerantverslaggewers, het opgestaan en haar toegejuig. Dit was ‘n trotse oomblik vir haar ouers. Selfs in die nederlaag was sy ‘n oorwinnaar. Daar is inderdaad meer oor Rosalie Elliot as oor die kind wat die kompetisie op die ou einde gewen het, geskryf! As ‘n verloste kind van God, vereis jou hemelse Vader eerlikheid in woord en daad. ‘Die waarheid hou vir altyd; die leuen kom gou aan die lig’ (Spreuke 12:19 NLV). ‘Moenie vir mekaar lieg nie. Julle het mos die vorige mens en sy leefstyl soos klere uitgetrek’ (Kolossense 3:9 NLV). ‘Gevolglik moet julle ophou leuens vertel en die waarheid teenoor mekaar praat. Ons is tog lede van dieselfde liggaam’ (Efesiërs 4:25 NLV).
28 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min