Woord vir Vandag - 10 Aug 2026

Loading player...
“…God se koningsheerskappy is soos ‘n mosterdsaad wat iemand in sy tuin geplant het.” Matteus 13:31 NLV
God het vir jou saad gegee om te saai
Jesus het gesê: ‘…God se koningsheerskappy is soos ‘n mosterdsaad wat iemand in sy tuin geplant het. Dit is die kleinste van alle saadsoorte, maar as dit groei, word dit groter as al die ander plante in die tuin. Dit word so ‘n groot boom dat die voëls in sy takke kan kom nesmaak’ (verse 31-32 NLV). ‘n Mosterdsaad is slegs twee millimeter in deursnee en kom in drie primêre kleure voor: geel, swart en wit. Binne daardie merkwaardige saad is vitamien A, B6, B12, C, E en K. Dit is ook ‘n bron van kalsium, yster, magnesium, fosfor, kalium, natrium en sink. Dit het anti-inflammatoriese en anti-kanker eienskappe. Jesus het daarop gewys dat wanneer dit geplant word, dit groei om een van die grootste bome in die tuin te word, wat die voëls van die hemel seën deur hulle van ‘n tuiste te voorsien. Paulus het geskryf: ‘God wat saad voorsien aan die saaier en dan brood om te eet, sal ook aan julle saad gee en dit laat toeneem en die vrugte van julle goedhartigheid lieflik laat groei’ (2 Korintiërs 9:10 NLV). Aan wie gee God ‘saad’? Aan saaiers, nie aan opgaarders nie! Wat doen God met jou saad wanneer jy dit saai? Hy vermeerder dit! Die saad wat jy saai kan in die vorm van tyd, diens, wysheid, geld, deernis, ens. wees. God belowe dat wanneer jy saai, jy sy seën sal oes. ‘En God is in staat om aan julle elke gawe in oorvloed te gee sodat julle in elke opsig genoeg kan hê én ook nog oorvloedig kan wees in elke goeie werk’ (2 Korintiërs 9:8 NLV). God het vir jou saad gegee - saai dit!
28 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min