Woord vir Vandag - 12 Aug 2026

Loading player...
“Sorg liewer dat julle steeds groei in die onverdiende goedheid en kennis van ons Here en Verlosser, Jesus Christus…” 2 Petrus 3:18 NLV
Sleutels tot geestelike groei
Hoe kan jy geestelik groei? Deur die volgende vyf dinge te doen: 1) Herontdek die Bybel. Jy sal nooit geestelik groei sonder om jou gedagtes in die Skrif te verdiep nie. Toe Jesus vir die duiwel gesê het: ‘…’n Mens het meer as brood nodig om van te lewe. Wat jy eintlik nodig het, is om te leef van elke woord uit God se mond’ (Matteus 4:4 NLV), het Hy ‘n vers uit Deuteronomium aangehaal wat Hy gememoriseer het. As Jesus die Skrif nodig gehad het, het jy dit ook nodig. 2) Hervat jou gebedslewe. Charles Spurgeon het gesê: ‘Net soos jy nie kan verwag dat ‘n plant sonder lug en water moet groei nie, so kan jy nie verwag dat jou hart sonder gebed en geloof moet groei nie.’ Wanneer jy begin bid dat God bonatuurlik in jou lewe moet optree, sal jy wonderwerke begin sien gebeur. 3) Skakel weer met God se mense. ‘Laat ons voortdurend aandag gee aan mekaar – oor hoe ons mekaar kan aanspoor tot ‘n meer kragdadige beoefening van liefde en goeie dade… Kom ons moedig mekaar aan...’ (Hebreërs 10:24-25 NLV). 4) Weerstaan jou sondige gewoontes. ‘Onthou, die versoekings wat oor julle pad kom, is nie uniek nie; ander ondervind dit ook. God is getrou. Hy sal keer dat die versoeking te sterk vir julle word. Midde-in die versoeking sal Hy vir ‘n uitweg sorg sodat julle kan volhou’ (1 Korintiërs 10:13 NLV). Kies altyd God se ‘uitweg.’ 5) Belê in ander. God het ‘n plek vir jou gereed gemaak om te dien en in mense te belê. Maak ‘n kwaliteitsbesluit dat jy nie net in die kerk gaan sit en die een preek na die ander gaan luister nie; maar dat jy gaan begin optree volgens wat jy geleer het.
28 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min