Woord vir Vandag - 14 Aug 2026

Loading player...
“…Ek het geantwoord: ‘Here, ek sal gaan! Stuur my!’” Jesaja 6:8 NLV
Vertel die hele wêreld van Jesus
Een van die geskiedenis se grootste rampe het in 1271 plaasgevind. Daardie jaar het Niccolo en Matteo Polo, die vader en oom van Marco Polo, Kublai Khan besoek wat op daardie stadium as die wêreldheerser beskou is - met gesag oor die hele China, Indië en die hele Ooste. Kublai Khan was aangetrokke tot die verhaal van Christus soos Niccolo en Matteo dit aan hom oorvertel het. Hy het vir hulle gesê: ‘Julle moet na julle hoëpriester gaan en hom namens my sê om vir my honderd manne te stuur wat vaardig in julle godsdiens is, en ek sal gedoop word. Wanneer ek gedoop is, sal al my baronne en groot manne gedoop word en hulle onderdane sal ook gedoop word. So sal daar meer Christene hier wees as in julle deel van die wêreld.’ Verbasend genoeg is daar egter niks gedoen in reaksie op Kublai Khan se versoek nie. Eers na dertig jaar is ‘n handjievol sendelinge gestuur. Dit was te min, te laat! Christelike leiers in die Weste het blykbaar nie die visie gehad om te sien hoe die Ooste vir Christus gewen kon word nie. Dis verstommed om te dink aan die maniere waarop die wêreld vandag anders sou kon wees as die dertiende-eeuse China, Indië en die ander gebiede van Asië, Christelik geword het. Nou is dit egter ons verantwoordelikheid! Jy vra: ‘Wat kan ek doen? Ek is net een persoon.’ Jy kan drie dinge doen: 1) ‘Hierdie oes is die Here s’n. Vra Hom dan om werkers vir sy oesland te voorsien’ (Matteus 9:38 NLV). 2) Gee, sodat die ongereddes met die evangelie bereik kan word (sien 2 Korintiërs 9:7). 3) As God jou roep, gaan! ‘…Ek het geantwoord: ‘Here, ek sal gaan! Stuur my!’’
28 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min