Woord vir Vandag - 15 Aug 2026

Loading player...
“…Alles wat ons het, kom van U af, en ons gee vir U net dit wat U reeds vir ons gegee het!” 1 Kronieke 29:14 NLV
Geld: Hoe mens dit kry en uitgee
Baie van die helde in die Bybel was welgestelde individue. ‘Abram was baie ryk aan lewende hawe, silwer en goud’ (Genesis 13:2 NLV). Koning Dawid ‘…is op ‘n ryp ouderdom dood nadat hy ‘n lang lewe, rykdom en eer geniet het…’ (1 Kronieke 29:28 NLV). Barnabas, ‘n welgestelde grondeienaar, het die uitbreiding van die vroeë kerk moontlik gemaak toe hy ‘n stuk grond verkoop en die geld aan die apostels gegee het (sien Handelinge 4:36-37). Daar is niks met rykdom op sigself verkeerd nie. Die dinge wat egter saak maak, is: 1) Hoe jy dit kry. ‘Kom nou, julle ryk mense, huil en treur oor al die swaar wat vir julle voorlê… Die betaling wat julle teruggehou het van die mense wat oes, is baie duidelike getuienis teen julle…’ (Jakobus 5:1, 4 NLV). Die God wat aanteken en beloon, let ook op hoe jy sake doen. 2) Hoe jy dit gee. Dawid het gesê: ‘…Alles wat ons het, kom van U af, en ons gee vir U net dit wat U reeds vir ons gegee het!’ Wanneer God dus vir jou sê om te gee, probeer om hierdie twee dinge te onthou: a) Hy vra vir ‘n gedeelte van dit wat reeds aan Hom behoort. Jy besit dit nie; jy bestuur dit net vir Hom. b) Jy oes altyd wat jy saai. ‘…Wat mense saai sal hulle ook maai!’ (Galasiërs 6:7 NLV). In God se ekonomie maai jy meer as wat jy saai. Wanneer jy ‘n enkele mieliepit plant, oes jy ‘n mielierank met honderde mieliepitte. Gee dus en God sal aan jou teruggee.
28 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min