Woord vir Vandag - 16 Aug 2026

Loading player...
“…die koningsheerskappy van God is hier by julle.” Lukas 17:21 NLV
Verstaan God se koningsheerskappy
God se koningsheerskappy is toekomstig, ewig en hemels. Wanneer Christus terugkeer om sy koninkryk op aarde te vestig, sal die volgende profesie vervul word: ‘...Die koninklike heerskappy oor die wêreld behoort nou aan ons Here en sy Christus, en Hy sal as koning heers vir altyd’ (Openbaring 11:15 NLV). Wat ‘n glorieryke dag sal dit nie vir al God se verloste kinders wees nie. Tot dit egter plaasvind, sê Jesus: ‘...die koningsheerskappy van God is hier by julle.’ Dit beteken dat jy as ‘n wedergebore gelowige wat in hierdie wêreld leef, geroep is om te demonstreer wat dit beteken om onder die heerskappy van die Koning van konings en die Here van heersers te leef. Winston Churchill het geskerts: ‘Democracy is the worst form of government, except for all those other forms that have been tried.’ Alle menslike regerings is gebrekkig en uiteindelik bestem om te misluk, omdat dit uit gebrekkige mense bestaan. Dus, as burgers van die koninkryk van God, word ons geroep om die ‘lig’ te wees wat die duisternis verlig en onkunde verdryf, en die ‘sout’ te wees wat die lewens van diegene met wie ons in aanraking kom, geurig maak, reinig, genees en verryk (sien Matteus 5:13-14). Ons word geroep om die beginsels van God se koninkryk op die markplein van die lewe uit te oefen. Of jy nou in die onderwys, vervoer, medisyne, politiek, landbou, verkope, of vervaardiging werk, jy word geroep om die voordele van ‘n lewe onder die heerskappy van Christus en deur die leiding van sy inwonende Heilige Gees, te demonstreer. ‘....Die koninklike heerskappy oor die wêreld behoort nou aan ons Here en sy Christus...’ Wanneer Christus terugkeer, sal hierdie belofte ten volle vervul word. Tot dan, het Jesus gesê: ‘...Gaan doen besigheid daarmee totdat ek terugkom’ (Lukas 19:13 NLV).
28 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min