Woord vir Vandag - 17 Aug 2026

Loading player...
“Ons is medewerkers in diens van God…” 1 Korintiërs 3:9 AFR83
‘n Gees van samewerking
Sodra jy die feit aanvaar dat jy vir jou eie sukses saad saai wanneer jy ander mense ondersteun, sal ‘n gees van samewerking jou norm word. Neem die geval van Paulus en Apollos. Sommige van die Christene in Korinte het gevoel dat hulle kant moes kies oor watter een om te volg - ten spyte van die feit dat hulle dieselfde evangelie verkondig het. Paulus het hulle aangespreek oor hul vleeslike gesindhede. ‘As een van julle sê: ‘Ek is vir Paulus,’ en ‘n ander: ‘Ek is vir Apollos,’ is julle dan nie nog wêrelds nie? Wat is Apollos dan? Wat is Paulus? Hulle is maar net dienaars deur wie julle tot geloof gekom het, en elkeen doen die werk soos die Here dit vir hom gegee het. Ek het geplant, Apollos het natgegooi, maar dit is God wat laat groei het. Dit gaan dus nie om die een wat plant of die een wat natgooi nie, maar om God wat laat groei… Ons is medewerkers in diens van God… (1 Korintiërs 3:4-9 AFR83). Sommige predikante maak neerhalende opmerkings oor ander bedieninge in ‘n poging om iemand anders se lig te verdoof sodat hul eie lig helderder kan skyn. Dit skrik beide gelowiges en ongelowiges af. Paulus se primêre doelwit was om die evangelie te versprei en hy wou seker maak dat geen predikant verhinder word om dit te doen nie. In sy brief aan Titus het hy gelowiges aangemoedig om Apollos hul volle ondersteuning te gee: ‘Doen jou uiterste bes om… Apollos met hulle reis te help…’ (Titus 3:13 NLV). So ‘n versoek kan slegs uit ‘n geruste hart kom. Die woord vir jou vandag is dus: jy moet ‘n gees van samewerking hê.
28 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min