Woord vir Vandag - 18 Aug 2026

Loading player...
“Here, U alleen kan my gesond maak…” Jeremia 17:14 NLV
Bid en glo God vir genesing
Dr A. B. Simpson, stigter van die Christian and Missionary Alliance, is deur swak gesondheid geteister. Twee senuwee-ineenstortings en ‘n hartkwaal het daartoe gelei dat ‘n dokter hom - op agt-en-dertigjarige ouderdom - meegedeel het dat hy nie veertig sou word nie. Die diagnose was nie vir Simpson ‘n verrassing nie. Dit was vir hom ‘n foltering om te preek; selfs die klim van ‘n effense hoogte het hom asemloos gelaat. In desperaatheid het hy hom na sy Bybel gewend om uit te vind wat Jesus oor siekte sê en hy het oortuig geraak dat Jesus hom wou genees. Kort daarna het hy ‘n entjie in die platteland gaan stap. Toe hy by ‘n dennebos kom, het hy op ‘n stomp gaan sit om te rus en te bid. Hy het Christus gevra om sy fisiese lewe te seën sodat hy sy lewenstaak kon voltooi. Hy het later gesê: ‘Elke vesel in my het getintel van die bewustheid van God se teenwoordigheid. Van daardie oomblik af het ek letterlik ‘n nuwe hart gehad.’ Hy het in die volgende drie jaar 3 000 preke gelewer en soms twintig vergaderings per week bygewoon. Hy het ‘n produktiewe skrywer geword wie se boeke steeds die wêreld seën. Hy is uiteindelik oorlede - op die ouderdom van ses-en-sewentig. In die Bybel het Jeremia gebid: ‘Here, U alleen kan my gesond maak…’ Dawid het gesê: ‘Here my God, ek het na U geroep om hulp en U het my gesond gemaak. Here, U het my gered van die doderyk…’ (Psalm 30:3-4 NLV). Jesaja het gesê: ‘…U het my gesondheid teruggegee en my toegelaat om te lewe!’ (Jesaja 38:16 NLV). Bid dus en glo God vir genesing.
28 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min