Woord vir Vandag - 19 Aug 2026

Loading player...
“Die wapens van ons stryd is nie mensgemaak nie, maar die kragtige gevegstoerusting van God wat vestings kan vernietig…” 2 Korintiërs 10:4 NLV
Jy kan jou probleme oorkom
Vandag se probleem is nie noodwendig môre se probleem nie. Weerstaan die versoeking om jouself te etiketteer: ‘Ek is nou maar net ‘n kommerkous.’ ‘My swakheid is nou maar een maal om te skinder.’ ‘My pa was ‘n drinker; ek sit maar net die tradisie voort.’ Hou op daarmee! Hierdie woorde skep bondgenootskappe met die duiwel. Dit gee hom toegang tot jou gees. Dit is nie God se wil dat jy ‘n verslane, ongelukkige lewe moet lei nie. Draai ‘n dowe oor vir die ou stemme en maak nuwe keuses. ‘’n Pragtige plek is vir my afgemeet. Wat ek geërf het, is vir my mooi!’ (Psalm 16:6 NLV). Leef uit jou erfenis, nie uit jou omstandighede nie. God het jou reeds oorwinning belowe en jou van wapens vir die stryd voorsien. ‘Ons leef wel in ‘n menslike liggaam, maar ons voer die stryd nie met menslike middele nie. Die wapens van ons stryd is nie mensgemaak nie, maar die kragtige gevegstoerusting van God wat vestings kan vernietig… (2 Korintiërs 10:3-4 NLV). Hoe het Josua Jerigo verower? Deur God se strategie te gebruik: ‘…Dra die ark van die verbond. Laat sewe priesters elkeen met ‘n ramshoring voor die ark van die Here loop’ (Josua 6:6 NLV). Die verbondsark was die simbool van God se teenwoordigheid. Josua het dit in die middel van die optog geplaas. Elke aktiwiteit het om God gewentel. Die geheim van oorwinning is om God sentraal in jou lewe te hou deur die wapens van aanbidding - die Skrif en gebed - te gebruik. Gebruik elke instrument wat God bied: Memoriseer die Skrif en pleit by God. Skakel die TV af en maak die Bybel meer gereeld oop. Bekommer jou minder en bid meer. Jy kan jou probleme oorkom deur daagliks op die teenwoordigheid van God staat te maak.
28 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min