Woord vir Vandag - 21 Aug 2026

Loading player...
“Dit is die dag wat die Here gemaak het. Laat ons daaroor juig en bly wees.” Psalm 118:24 NLV
Die grootste oomblik in jou lewe is nou
Die grootste oomblik in jou lewe is nou. Nie omdat dit aangenaam of gelukkig of maklik is nie, maar omdat dit die enigste oomblik is wat jy het. Elke oomblik in die verlede is onherroeplik verby. Dit kom nooit terug nie. As jy in die verlede leef, verloor jy jou lewe. Die toekoms is altyd iewers daar buite. Jy kan ‘n ewigheid vir môre wag of jou oor môre bekommer. As jy in die toekoms leef, sal jy ook jou lewe verloor. Hierdie oomblik is God se onvervangbare geskenk aan jou. Bowenal is dit hierdie oomblik wat saak maak, want God is in hierdie oomblik. As jy enigsins by God wil wees, moet jy nou by Hom wees - in hierdie oomblik. Daarom sê die Psalmdigter: ‘Dit is die dag wat die Here gemaak het. Laat ons daaroor juig en bly wees.’ Daarom het die profeet Jeremia gesê dat mens altyd op God se genade kan vertrou, want ‘…Dit is elke oggend nuut’ (Klaagliedere 3:23 NLV). Daarom het die apostel Paulus gesê: ‘Wees dus baie versigtig hoe julle lewe… Benut elke geleentheid… probeer uitvind wat God se wil is’ (Efesiërs 5:15-17 NLV). Frederick Buechner het geskryf: ‘Morning, afternoon, evening - the hours of the day, of any day, of your day and my day. The alphabet of grace. If there is a God who speaks anywhere, surely He speaks here: through waking up and working, through going away and coming back again, through people you meet and books you read, through falling asleep in the dark.’ Dit alles beteken net een ding - die grootste oomblik in jou lewe is nou.
28 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min