Woord vir Vandag - 22 Aug 2026

Loading player...
“Dit is tog die Here wat wysheid gee…” Spreuke 2:6 NLV
Bid vir wysheid
Hier is Paulus se gebed vir die kerk in Efese: ‘…dat die God van ons Here Jesus Christus…aan julle geestelike wysheid en insig sal gee…’ (Efesiërs 1:17 NLV). Vir die kerk in Kolosse het hy gevra dat God ‘…geestelike wysheid en insig aan julle sal gee sodat julle heeltemal seker sal wees van wat Hy wil hê’ (Kolossense 1:9 NLV). Jakobus het geskryf: ‘Vra vir God as jy nie kan agterkom wat Hy wil hê jy moet doen nie. Hy sal jou eenvoudig daardie wysheid gee. Maar, as ‘n mens bid, moet jy die vertroue hê dat God sal antwoord…’ (Jakobus 1:5-6 NLV). Hoe kan jy weet dat die wysheid waarin jy wandel, van God af kom? ‘Maar as ‘n mens leef soos God dit in sy wysheid bedoel het, sal jou lewe heeltemal anders lyk. Dit sal ‘n lewe wees waarop die sonde geen houvas het nie. So iemand sal in vrede met ander mense saamleef…’ (Jakobus 3:17 DB). Toe die jong Salomo die troon van Israel bestyg het, het God hom gevra: ‘…Wat wil jy hê?..’ (1 Konings 3:5 NLV). Salomo het geantwoord: ‘’Gee my tog die vermoë om met verstandigheid en regverdigheid oor u volk te regeer…’ Die Here was tevrede met Salomo se antwoord…’ (1 Konings 3:9-10 NLV). Salomo het bekendheid as een van die wysste manne wat ooit geleef het, verwerf en hy het drie van die boeke in die Bybel geskryf. Die God wat vir hom wysheid gegee het, sal dit ook vir jou gee. Al wat jy hoef te doen is om daarvoor te bid en jou hart en verstand vir sy Woord oop te maak.
28 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min