Woord vir Vandag - 23 Aug 2026

Loading player...
“Gaan dan… Leer hulle om alles te gehoorsaam wat Ek aan julle opgedra het…” Matteus 28:19-20 NLV
‘History is His story’
Die woorde wat Jesus gespreek het, het die wêreld vir altyd verander. Sy laaste instruksie aan sy dissipels was die volgende: ‘…God het die volle mag oor hemel en aarde aan My toevertrou. Gaan dan, maak al die nasies my dissipels… Leer hulle om alles te gehoorsaam wat Ek aan julle opgedra het…’ (verse 18-20 NLV). Jesus se volgelinge het dit ernstig opgeneem: ‘En elke dag het hulle aangehou om mense in die tempel en van huis tot huis te onderrig en die Goeie Nuus te preek dat Jesus die Messias is’ (Handelinge 5:42 NLV). Hulle het onthou dat hulle ‘n man gevolg het wat almal geleer het en wat hulle beveel het om al die volke te leer. Hulle het begin om beide mans en vroue en beide slawe en vrymense, te leer. Van die wêreld se grootste onderwysinstellings is deur volgelinge van Christus gestig. Oxford en Cambridge Universiteite is in die dertiende eeu gestig. (Die leuse van Oxford Universiteit kom uit Psalm 27:1: ‘Die Here is my lig.’) George Marsden het opgemerk: ‘Dis merkwaardig dat die Puriteine binne ses jaar nadat hul in die wildernis van Massachusett geland het, ‘n leerskool begin het wat kort daarna ‘n gerespekteerde kollege sou word.’ Hierdie woorde kom uit ‘n studentehandboek van daardie kollege: ‘Laat elke student duidelik onderrig en ernstig aangespoor word dat die hoofdoel van sy lewe en studies sal wees om God en Jesus Christus te ken, wat die ewige lewe is (sien Johannes 17:3), en om Christus as die enigste fondament van alle gesonde kennis en leer te beskou.’ Dit was Harvard Universiteit! 92 persent van die eerste 138 kolleges en universiteite wat in Amerika gestig is, is deur volgelinge van Christus begin. Sy woorde gee nie net kennis nie; dit transformeer ons ook.
28 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min