Woord vir Vandag - 24 Aug 2026

Loading player...
“Sal twee mense saam op reis gaan sonder om eers af te spreek om dit te doen?” Amos 3:3 NLV
Stel finansiële grense
Dit is geen geheim dat die meerderheid huwelike deesdae weens finansiële probleme misluk nie. Ander verhoudings kan ook bedreig word wanneer ons nie ‘n lening terug betaal of ons finansiële verantwoordelikhede nakom nie. Die volgende drie strategieë sal help om hierdie slaggate te vermy: 1) Besluit saam met jou eggenoot die maksimum bedrag wat elkeen van julle sonder die ander se toestemming mag spandeer. Enige bedrag bo hierdie limiet sal volledige instemming vereis. Elke paartjie definieer ‘n ‘groot’ aankoop anders, afhangende van hul huishoudelike inkomste - hou dus by julle besluit. Dit is belangrik. As julle nie oor ‘n transaksie saamstem nie, sal julle geneig wees om vinger te wys indien die transaksie skeefloop. 2) Lig julle familie in dat persoonlike lenings teen julle beleid is. Indien jy besluit om ‘n uitsondering te maak, maak seker dat jou eggenoot ten volle saamstem. As jy wys is, sal jy die voorwaardes en spertye van die lening op skrif stel. 3) Moenie jou kind, eggenoot of enigiemand anders in staat stel om onverantwoordelik te lewe deur hom of haar finansieel by te staan of altyd hul veiligheidsnet te wees nie. Sê net nee. Wanneer jy nie nee sê nie, word een van God se effektiefste beginsels ondermyn – deur die gevolge van hulle onverantwoordelike finansiële gedrag te ontduik. Ware volwassenheid vind plaas wanneer hierdie les geleer word. Liefde moet soms streng wees! Dring byvoorbeeld aan dat jou volwasse kind wat steeds in die huis bly, sy of haar huurgeld moet betaal. Dit demonstreer karakterbouende liefde, wat ware liefde is. As jy finansiële grense moet stel, doen dit!
28 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min