Woord vir Vandag - 25 Aug 2026

Loading player...
“Daarom moet julle… vir mekaar bid sodat julle gesond kan word…” Jakobus 5:16 NLV
Gebed maak die wêreld se verskil
Die kardioloog dr Randolph Byrd, wat ‘n christen was, het baie daarin belang gestel om te weet of gebed ‘n ‘wetenskaplik meetbare’ impak op genesing het. Hy het gesê: ‘Na baie gebed het die idee van hoe om dit te meet by my opgekom.’ Oor ‘n tydperk van tien maande het ‘n rekenaar 393 pasiënte in die kardiologiese sorgeenheid by die San Francisco Algemene Hospitaal aan een van twee groepe toegewys. Gebedsgroepe het vir die eerste groep gebid. Die tweede groep is nie voor gebid nie. Die gebedsgroepe het uit verskeie Christelike denominasies bestaan. Hulle het slegs die voorname van die pasiënte en kort beskrywings van hul diagnose en toestand gekry. Daar is elke dag vir hulle gebid. Die pasiënte waarvoor gebid is, het op die volgende maniere van dié waarvoor nie gebid is nie, verskil: 1) Hulle was vyf keer minder geneig om antibiotika nodig te kry. 2) Hulle was drie keer minder geneig om vloeistof in die longe te ontwikkel. 3) Nie een van hulle moes aan ‘n ventilator gekoppel word nie. 4) Minder van hulle het gesterf. As dit ‘n nuwe middel of prosedure was wat bestudeer is, sou hierdie as ‘n deurbraak beskou geword het. Selfs dr William Nolan, die skrywer van ‘n boek wat geloofsgenesing veroordeel, het gesê: ‘Dit klink asof hierdie studie ondersoek moet word. Miskien behoort ons dokters op ons voorskrifte te skryf: ‘Bid drie keer per dag.’’ Ons lees in die Ou Testament: ‘’Ek sal jou gesond maak en jou wonde genees,’ sê die Here…’ (Jeremia 30:17 NLV). Jakobus skryf in die Nuwe Testament: ‘En ‘n gelowige gebed sal die siek mens gesond laat word; die Here sal hom laat opstaan… Daarom moet julle… vir mekaar bid sodat julle gesond kan word’ (Jakobus 5:15-16 NLV).
28 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min