Woord vir Vandag - 26 Aug 2026

Loading player...
“...Ons neem ook elke gedagte gevange…” 2 Korintiërs 10:5 NLV
‘Gryp die gedagte en gooi dit in die asblik’
Max Lucado het geskryf: ‘’n Ruk terug het ‘n ma my gevra om vir haar agtjarige seun te bid. Hy is gedurig deur beelde en skrikwekkende visioene geteister wat hom teruggetrokke en skugter gelaat het. Dit het selfs sy slaap beïnvloed. Die dag wat ons ontmoet het, het sy oë vol trane geskiet en hy het aan sy ma vasgeklou. Sy het hom na dokters toe geneem, maar niks het gehelp nie. Ek het vir hom gesê dat die duiwel geen gesag oor sy lewe het nie. Dat die ware geveg in sy gedagtes gevoer moet word. Dat God ons sal help om elke gedagte gevange te neem. Ek het hom aangespoor om ‘n Bybelvers te memoriseer en dit elke keer wanneer die vreesaanjaende gedagtes by hom opkom, aan te haal. ‘Steek jou hand uit,’ het ek hom aangemoedig, ‘en gryp die gedagte en gooi dit in die asblik. Vervang dit dan dadelik met ‘n vers uit die Skrif.’ Ons het hom toe met olie gesalf en vir hom gebid. Vyf dae later het sy ma laat weet dat hy groot vordering gemaak het. ‘Sedert verlede week is die beelde weg; hy sien hulle nie meer nie. Hy sê elke aand hierdie Skrifgedeelte uit Psalm 25:5 (NLV) op: ‘Lei my deur u waarheid en leer my, want U, o God, is my redder…’ Ek glo dit het hom nader aan Christus gebring. Hy gebruik die strategie om die vreesaanjaende gedagtes in die asblik weg te gooi. Hy sê toe hy eers probeer het om die gedagtes weg te gooi, het dit sy kop seergemaak. Ek het gevra: ‘Hoe het hulle dan weggegaan?’ Hy het geglimlag en gesê: ‘God het hulle laat weggaan.’’ Die woord vir jou vandag is dus: ‘Gryp dit en gooi dit in die asblik.’
28 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min