Woord vir Vandag - 27 Aug 2026

Loading player...
“…beplan alles wat waar, eerbaar, skoon, suiwer, lieflik en lofwaardig is.” Filippense 4:8 NLV
Dink goeie gedagtes
Kenners skat dat ons 50 000 tot 70 000 gedagtes per dag het. Ons moet die volgende vier dinge oor ons gedagtes waarneem: 1) Sielkundiges sê dat 98 tot 99 persent van ons gedagtes gewoonte is. Met ander woorde, dit is basies dieselfde gedagtes wat ons gister, eergister en die dag daarvoor gehad het. Jou gedagtes moet egter elke dag vernuwe word (sien Romeine 12:2). Jy kan nie aanhou om dieselfde dinge te dink en dan ‘n ander uitkoms of uitkyk verwag nie. Wat is dan die antwoord? Neem ‘n leeringesteldheid aan! ‘Stel wysheid voorop, dan sal dit vir jou aansien gee. Stel dit hoog op prys en dit sal aan jou eer gee. Dit sal jou kroon met voorspoed…’ (Spreuke 4:8-9 NLV). 2) Slegs 12 persent van ons gedagtes is op die toekoms gefokus. Geloof is egter per definisie toekomsgerig. ‘…geloof… is ‘n vaste versekering dat die dinge waarna ons uitsien, inderdaad sal gebeur’ (Hebreërs 11:1 NLV). 3) Navorsing het bevind dat die gemiddelde persoon 46,9 persent van hul wakker ure bestee om aan iets anders as waarmee hulle tans besig is, te dink. Dwalende gedagtes is dikwels ongelukkige gedagtes. Natuurlik is die mees voor die hand liggende rede daarvoor die digitale toestelle wat ons konstant gebruik. Niks verdof ons vermoë om te droom meer as ons sogenaamde slimfone nie! 4) Die Cleveland Clinic skat dat 80 persent van ons gedagtes negatief is. Dis 48 000 negatiewe gedagtes per dag! Wanneer ons dan daardie gedagtes verbaliseer, vererger dit die probleem. Wat is dan die antwoord? ‘…julle moet altyd dink aan die dinge wat waar is, wat mooi is, wat reg is, wat rein is, wat pragtig en goed is. Ja, julle moet dink aan alles wat mooi is, alles waarop ‘n mens trots kan wees’ (ABA).
28 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min