Woord vir Vandag - 28 Aug 2026

Loading player...
“…As iemand egter sonde doen, ons het ‘n Helper by die Vader wat ons saak stel, Jesus Christus, die regverdige.” 1 Johannes 2:1 NLV
Jesus is in jou hoek (1)
Jy ken dalk nie die naam Angelo Dundee nie, maar jy het ongetwyfeld al van die wêreldkampioen-bokser Muhammed Ali gehoor. Vir meer as twee dekades was Angelo letterlik in Muhammed Ali se hoek. Hy was Ali se hoekman! Hy het ook ander wêreldbokskampioene opgelei. Een van die beste beskrywings van Jesus is dat Hy ons hoekman is! ‘…As iemand egter sonde doen, ons het ‘n Helper by die Vader wat ons saak stel, Jesus Christus, die regverdige.’ In sy brief aan Timoteus spoor Paulus ons aan om die goeie stryd te stry (sien 1 Timoteus 6:12). Jy gaan vir seker ‘n keer of twee neergevel word. Jy het egter ‘n hoekman wat self drie rondtes met die dood geveg het. Hy is by die kruis neergevel, maar Hy het drie dae later weer opgestaan. Hy het uit die graf gestap en die stryd teen sonde en die dood gewen. Waar is Hy nou? Hy is aan die regterhand van die Vader en tree vir jou by Hom in. Met ander woorde, Christus is in jou hoek! Hy is ook nie die enigste een nie. Jesus het die Heilige Gees die ‘parákletos’ genoem, wat in Afrikaans as trooster en raadgewer vertaal word. ‘Parakleet’ is ‘n militêre term wat na Romeinse soldate verwys wat rug-aan-rug veg wanneer hulle in ‘n handgeveg betrokke raak. Hulle het sodoende mekaar se blinde kant beskerm. Dit is wat die Heilige Gees doen. Die Heilige Gees beskerm jou rug, en Christus is in jou hoek. Die profeet Jesaja noem Hom ons agterhoede: ‘…die Here trek voor julle uit, en die God van Israel is julle agterhoede’ (Jesaja 52:12 AFR). Jy het nie net een lid van die drie-enige God wat vir jou intree nie - jy het twee!
28 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min