Woord vir Vandag - 29 Aug 2026

Loading player...
“Christus het immers tot in die hemel self ingegaan om nou as ons voorspraak voor God te verskyn…” Hebreërs 9:24 NLV
Jesus is in jou hoek (2)
Baie van ons het kleintyd geen idee gehad waarmee ons ouers veertig uur van die week besig was nie. Ons het dalk geweet waar hulle werk, maar ons was nie heeltemal seker wat hulle doen nie. Net so weet die meeste van ons nie regtig wat Jesus heeldag doen nie. Ons gebrek aan heilige vertroue spruit juis uit hierdie feit uit. Wat doen Jesus dan heeldag, elke dag? Hy is besig om jou saak te bepleit. Al wat jy hoef te doen is om die bloed oor jou te pleit. Hierdie frase het in sommige kringe in onbruik verval, deels as gevolg van die verkeerde toepassing daarvan. Kom ons kyk of ons dit kan laat herleef. Om die bloed oor jou te pleit is nie ‘n bygeloof nie. Dit is nie iets ongeoorloofs nie; dit is ‘n bewustheid van jou gesag in Christus. Dit is om te begryp dat jou vergifnis reeds met bloedgeld betaal is. Dit is om vrede met die feit dat ons Satan deur die bloed van die lam oorwin het, te maak (sien Openbaring 12:11). Christus is in jou hoek, wat beteken dat jy die volle steun van die Koning en sy koninkryk het. Sy volle seën - sy volle gesag! Satan wil jou graag daaraan laat twyfel. Onthou jy wat hy vir Eva in die Tuin van Eden gevra het: ‘…Het God regtig gesê…?’ (Genesis 3:1 NLV). As Satan jou sover kan kry om God se goedheid te wantrou, wen hy en jy verloor. Is dit moontlik dat omdat jy terughou wanneer dit by God kom, Hy jou nie dalk ook terughou nie? Lewe voluit met God! As jy Hom nie terughou nie, sal Hy jou vir seker nie terughou nie.
28 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min