Woord vir Vandag - 30 Aug 2026

Loading player...
“…Wie is hierdie onbesnede Filistyn...?” 1 Samuel 17:26 NLV
Vertrou in jou verbond met God
Veertien geslagte voordat Dawid teen Goliat geveg het, het God vir Abraham gesê: ‘Ek sal dié seën wat jou seën en dié wat jou vervloek, sal Ek vervloek…’ (Genesis 12:3 NLV). Later het God hierdie verbond na Abraham se nageslag uitgebrei en ‘n sleutelbepaling bygevoeg: ‘Julle moet aan die voorhuid besny word. Dit is ‘n teken dat julle my verbond nakom’ (Genesis 17:11 NLV). Blykbaar het niemand in Saul se leër, insluitend Saul self, onthou dat hulle ‘n verbond met God het nie. Dit het Dawid genoop om te vra: ‘Wie is hierdie onbesnede Filistyn dat hy die leër van die lewendige God so beledig?’ Dawid het met ander woorde gevra: ‘Hoe kan hierdie man, wat geen verbond met God het nie, selfs daaraan dink dat hy ons sal kan oorwin?’ Glo jy dat God deur sy verbond diegene wat in ‘n egte verhouding met Hom is, sal seën, beskerm en voorspoedig maak? As jy aanhou om van die reuse in jou lewe weg te vlug, sal jy nooit die krag van God gemanifesteer sien nie. Het jy geweet dat jy ‘n erfgenaam van dieselfde verbond van seën wat God aan Abraham gegee het, is? ‘Verder, omdat julle aan Christus behoort, ís julle die nageslag van Abraham en dus erfgename van die belofte!’ (Galasiërs 3:29 NLV). Dawid het op ‘n verbond van beskerming wat veertien geslagte oud was en vandag nog steeds geldig is, staatgemaak. Die verhaal van Dawid en Goliat is verteenwoordigend van die vele gevegte wat ons gereeld in die gesig staar: goed oor kwaad en geloof oor vrees. Wat ook al die situasie is, ons kan rus op God se Woord: ‘Want hierdie blye boodskap van ‘n plek van rus wat God vir ons gereedgemaak het, het ons ook ontvang…’ (Hebreërs 4:2 NLV).
28 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min