Trump se Warsh hou Fed-koers onveranderd

Loading player...
President Donald Trump van Amerika het die Federale Reserwe gekritiseer wat rentekoerse onveranderd gelaat het, en sê laer koerse sal die ekonomie verder versterk. Beleidmakers het met 9 teen 3 gestem dat rentekoerse tussen 3,5-persent en 3,75-persent bly. Die besluit kom te midde van toenemende onsekerheid oor die uitwerking wat die voortslepende konflik in die Midde-Ooste op wêreldwye oliepryse en verbruikerspryse sal hê. Trump sê hy ondersteun steeds die Federale Reserwe se voorsitter, Kevin Warsh:
30 Jul 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA finansminister verlaag brandstofheffing vir nou

Die Suid-Afrikaanse minister van Finansies, Enoch Godongwana, het 'n tydelike verlaging van die brandstofheffing aangekondig om druk op huishoudings en ondernemings te verlig. Die heffing sal van 4 November tot 1 Desember verminder word met een Suid-Afrikaanse rand-50-sent per liter petrol en drie-rand per liter diesel. Godongwana het ook die…
21 Oct 11AM 1 min

Skaapboere produsente-maatskappy op rand van registrasie

Die land se skaapboere neem beheer oor hul eie toekoms, met planne vir die voorgestelde produsente-maatskappy wat goed vorder. Die inisiatief beoog om tussengangers uit te skakel, opbrengste vir boere te verbeter en nuwe markte regoor die SAOG-streek te ontsluit. Met meer as die minimum aantal belangstellende produsente reeds aan…
21 Oct 11AM 1 min

Hersien vereistes vir staatsdiensposte, hoor NV

Swanu-LP Evilastus Kaaronda wil hê dat die toelatingsvereistes vir staatsdiensposte en staatsondernemings hersien word. Hy sê vaardighede en bevoegdhede moet swaarder weeg as grade en werkservaring. Met sy kennisgewing van ‘n mosie in die Nasionale Vergadering het Kaaronda gesê die doel is om werk vir jongmense oop te stel, veral…
21 Oct 10AM 1 min

Shafudah 'moet fokus op minder skuld, meer groei'

Met die oog op môre se hersiene mediumtermynbegroting skuif die aandag na die fiskale prioriteite wat staatsbesteding behoort te rig. In 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus sê die ekonoom Robin Sherbourne dat finansminister Ericah Shafudah daarop behoort te fokus om staatskuld te verminder en groei in die binnelandse ekonomie…
21 Oct 10AM 1 min