Mothibi begin herstelprojek by IDAC

Loading player...
Die nasionale direkteur van Openbare Vervolgings, Andy Mothibi, wil die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie binne die volgende ses maande omkeer. Dit volg na onthullings by die Madlanga-kommissie dat die gewese IDAC-hoof, Andrea Johnson, ʼn reeks ondersoeke teen beamptes van Misdaadintelligensie en die taakspan oor politieke moorde sonder behoorlike meriete goedgekeur het. Mothibi sê sy kantoor het ʼn herstelprojek by IDAC begin en voeg by aanspreeklikheid sal ʼn belangrike faktor wees:
31 Jul 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA finansminister verlaag brandstofheffing vir nou

Die Suid-Afrikaanse minister van Finansies, Enoch Godongwana, het 'n tydelike verlaging van die brandstofheffing aangekondig om druk op huishoudings en ondernemings te verlig. Die heffing sal van 4 November tot 1 Desember verminder word met een Suid-Afrikaanse rand-50-sent per liter petrol en drie-rand per liter diesel. Godongwana het ook die…
21 Oct 11AM 1 min

Skaapboere produsente-maatskappy op rand van registrasie

Die land se skaapboere neem beheer oor hul eie toekoms, met planne vir die voorgestelde produsente-maatskappy wat goed vorder. Die inisiatief beoog om tussengangers uit te skakel, opbrengste vir boere te verbeter en nuwe markte regoor die SAOG-streek te ontsluit. Met meer as die minimum aantal belangstellende produsente reeds aan…
21 Oct 11AM 1 min

Hersien vereistes vir staatsdiensposte, hoor NV

Swanu-LP Evilastus Kaaronda wil hê dat die toelatingsvereistes vir staatsdiensposte en staatsondernemings hersien word. Hy sê vaardighede en bevoegdhede moet swaarder weeg as grade en werkservaring. Met sy kennisgewing van ‘n mosie in die Nasionale Vergadering het Kaaronda gesê die doel is om werk vir jongmense oop te stel, veral…
21 Oct 10AM 1 min

Shafudah 'moet fokus op minder skuld, meer groei'

Met die oog op môre se hersiene mediumtermynbegroting skuif die aandag na die fiskale prioriteite wat staatsbesteding behoort te rig. In 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus sê die ekonoom Robin Sherbourne dat finansminister Ericah Shafudah daarop behoort te fokus om staatskuld te verminder en groei in die binnelandse ekonomie…
21 Oct 10AM 1 min