DA se hofsaak teen onteiening skop vandag af

Loading player...
Die DA-leier, Geordin Hill-Lewis, sê sy party begin vandag met sy grondwetlike uitdaging van die Onteieningswet in die Wes-Kaapse Hooggeregshof. Hy sê hulle is in die hof omdat die reg om eiendom te besit fundamenteel is vir vryheid, waardigheid en ekonomiese geleenthede. Hill-Lewis sê geen regering moet vae en omvattende magte kry om sonder vergoedng te vat wat aan Suid-Afrikaners behoort nie:
3 Aug 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA finansminister verlaag brandstofheffing vir nou

Die Suid-Afrikaanse minister van Finansies, Enoch Godongwana, het 'n tydelike verlaging van die brandstofheffing aangekondig om druk op huishoudings en ondernemings te verlig. Die heffing sal van 4 November tot 1 Desember verminder word met een Suid-Afrikaanse rand-50-sent per liter petrol en drie-rand per liter diesel. Godongwana het ook die…
21 Oct 11AM 1 min

Skaapboere produsente-maatskappy op rand van registrasie

Die land se skaapboere neem beheer oor hul eie toekoms, met planne vir die voorgestelde produsente-maatskappy wat goed vorder. Die inisiatief beoog om tussengangers uit te skakel, opbrengste vir boere te verbeter en nuwe markte regoor die SAOG-streek te ontsluit. Met meer as die minimum aantal belangstellende produsente reeds aan…
21 Oct 11AM 1 min

Hersien vereistes vir staatsdiensposte, hoor NV

Swanu-LP Evilastus Kaaronda wil hê dat die toelatingsvereistes vir staatsdiensposte en staatsondernemings hersien word. Hy sê vaardighede en bevoegdhede moet swaarder weeg as grade en werkservaring. Met sy kennisgewing van ‘n mosie in die Nasionale Vergadering het Kaaronda gesê die doel is om werk vir jongmense oop te stel, veral…
21 Oct 10AM 1 min

Shafudah 'moet fokus op minder skuld, meer groei'

Met die oog op môre se hersiene mediumtermynbegroting skuif die aandag na die fiskale prioriteite wat staatsbesteding behoort te rig. In 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus sê die ekonoom Robin Sherbourne dat finansminister Ericah Shafudah daarop behoort te fokus om staatskuld te verminder en groei in die binnelandse ekonomie…
21 Oct 10AM 1 min