Trump gesels oor onderhandelinge wat vandag begin

Loading player...
President Donald Trump van Amerika sê onderhandelings met Iran hervat vandag. Dit volg ná sy besluit om alle beplande aanvalle op te skort met die voorwaarde dat ʼn ooreenkoms vinnig bereik word. Hy sê Amerikaanse bondgenote in die Midde-Ooste en Iran het hom gevra om die beplande aanval te kanselleer. Die Iranse staatsmedia ontken dit egter. Trump het aan joernaliste op Air Force One gesê dit sou die grootste aanval sedert die Tweede Wêreldoorlog wees:
3 Aug 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA-media moet meer ingelig oor migrasie berig

Die adjunkminister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Thandi Moraka, het die media gevra om ʼn meer ingeligte begrip van migrasie en streeksverhoudings te help bevorder. Sy het mense wat Suid-Afrika binnekom aangemoedig om immigrasiewette en -regulasies na te kom voor vandag se 46ste algemene vergadering van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap in…
17 Aug 6AM 1 min

Lugvaart moet proaktiewe veiligheidskultuur bou

Die uitvoerende direkteur van die Namibiese Burgerlugvaartowerheid, Toska Sem, het die belangrikheid beklemtoon van die versterking van lugvaartveiligheidstoesig en die bou van 'n proaktiewe veiligheidskultuur namate Namibië sy Nasionale Lugvaartveiligheidsplan ontwikkel. Sy het gepraat by die opening van 'n vyfdaagse werkswinkel van die Internasionale Burgerlugvaartorganisasie in Windhoek wat daarop gemik…
17 Aug 6AM 1 min

Namibië se pad na elektriese voertuie nie maklik nie, maar nodig

Namibië stel sy visier op 'n groot verskuiwing na elektriese en hibriede voertuie, met byna die helfte van alle nuwe voertuiginvoere wat teen 2030 elektries of hibried sal wees. Die voorgestelde teiken vorm deel van die konsep Nasionaal Bepaalde Bydrae, en kan meer as 13 miljard Namibiese dollar kos om…
17 Aug 6AM 1 min

Landbou-minimumloon moet veranderende produksie in ag neem

Landboukundige Wallie Roux sê die regering en alle belanghebbendes in die landbousektor moet die bedryf se huidige ekonomiese uitdagings in ag neem en 'n loonooreenkoms bereik wat billik en volhoubaar is vir beide werkgewers en plaaswerkers. Sy opmerkings volg op kommer wat deur landbou-unies geopper is oor die verpligte loon-…
17 Aug 6AM 1 min

Steenkamp sê oor Covid-19 by Delta

Die onderwysminister, dr. Sanet Steenkamp, het beklemtoon dat die standaardprosedures vir Covid-19 onveranderd bly soos wat dit destyds deur die lynministerie uitgereik is. Haar kommentaar volg op die bevestiging van 'n geval van die virus by die Delta-skoolkoshuis in Windhoek verlede week. Steenkamp het bevestig dat die skool en sy…
17 Aug 6AM 1 min