Teen middel 2026 het ten minste 33 individuele lande geteikende sanksies ingestel teen gewelddadige Israeliese setlaars, ekstremistiese buiteposte en geassosieerde finansiële netwerke in die besette Wesoewer. Met hernude geweld bly die kwessie in die nuus en die Israeliese weermag ondersteun die setlaars in die gebied. Die VN se spesiale rapporteur…
Die vakverbond Saftu sê meer as drie dekades na apartheid word reusedele van Suid-Afrika se minerale rykdom steeds beheer volgens die logika van private verkryging. Asive Dyani van Saftu sê mynbougemeenskappe bly dikwels arm terwyl rykdom wat onder hul voete gemyn word, na korporasies, aandeelhouers en finansiële markte vloei. Sy…
Die Soil of Africa-burgerlike beweging sê die onlangse uitspraak deur die hof in Pretoria oor die bestuur en administrasie van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente is baie belangrik. Die hof het die aanstelling van die Nsfas-administrateur, Hlengani Mathebula, opgeskort en die ontbinde Nsfas-raad herstel. Die beweging se woordvoerder, Luzuko…
Die Goethe-instituut het amptelik 'n nuwe hoofstuk geopen en ingetrek in sy nuwe tuiste by 6 Simeon Shixungilenistraat, hoek van Dr. W. Külzstraat. Die direkteur van die instituut, Dennis Schroeder, sê dit bied nuwe geleenthede vir die instituut om sy werk in taal, onderwys, letterkunde, kultuur en gemeenskapsbetrokkenheid uit te…
Die Britse professor Jason Arday is op die ouderdom van 41 oorlede. Arday het in 2023 geskiedenis gemaak as die jongste swart persoon wat tot 'n professoraat aan die Universiteit van Cambridge aangestel is. Sy dood Vrydag in Suid-Londen volg op sy onlangse bedanking van die universiteit te midde van…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.