Ampsklagkomitee beveel getuienisleier teen Cyril aan

Loading player...
Die parlementêre ampsklagkomitee het advokaat Thandazani Madonsela aanbeveel as getuienisleier in die saak teen president Cyril Ramaphosa. Hy het die meerderheidsteun van die EFF, die MK-party, Build One South Africa, die ATM en die UAT ontvang. Die ANC, Patriotic Alliance en Al Jama'ah het buite stemming gebly en die DA se kandidaat, Kate Hofmeyr, het net-net verloor. Voorsitter Makashule Gana sê die parlement se administrasie sal die finale aanstelling doen:
5 Aug 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Vriend van Arday sê media het hooflyne gesoek

Die Britse professor Jason Arday is op die ouderdom van 41 oorlede. Arday het in 2023 geskiedenis gemaak as die jongste swart persoon wat tot 'n professoraat aan die Universiteit van Cambridge aangestel is. Sy dood Vrydag in Suid-Londen volg op sy onlangse bedanking van die universiteit te midde van…
17 Aug 3AM 1 min

Drie probeer toegang tot SAOG-beraad kry

Die Nasionale Gesamentlike Operasionele en Intelligensiestruktuur sê drie mense wat probeer het om ongemagtigde toegang tot die 46ste beraad van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap in Durban te verkry, is in hegtenis geneem. Twee Kongolese burgers is Saterdag in hegtenis geneem nadat hulle probeer het om toegang tot die lokaal te verkry…
17 Aug 3AM 1 min

AfriForum sê Malema is in minagting van die hof

AfriForum het 'n aansoek vir minagting van die hof teen die EFF en sy leier, Julius Malema, by die Hooggeregshof in Pretoria ingedien. Die organisasie se uitvoerende hoof, Kallie Kriel, sê die aansoek kom ná die EFF en Malema se hernieude oproepe tot onwettige grondbesetting, ten spyte van 'n hofbevel…
17 Aug 2AM 1 min

Nabta vra taxibedryf om te vergader

Pendapala Nakathingo, sekretaris-generaal van die Namibia Bus and Taxi Association, Nabta, het kwessies soos tariewe, regulasies, veiligheid en die toekoms van openbare vervoer uitgelig as uitdagings waarmee die bedryf te kampe het. Hy het gepraat terwyl hy alle bus- en taxieienaars en -bestuurders oproep tot 'n konsultasievergadering by die Laerskool…
17 Aug 2AM 1 min

Kameroen se dames vat Wafcon

Kameroen het die nuwelinge Malawi met 3-0 verslaan en daarmee hul heel eerste Afrikabeker-titel vir vroue in Rabat, Marokko, verower. In 'n uitstekende vertoning in die eerste helfte het Marie Ngah twee doele aangeteken, met 'n derde deur Naomi Ndjoah Eto in ekstra tyd van die eerste helfte. Kameroen is…
17 Aug 1AM 1 min