Iran: Trump sê hy soek ooreenkoms nie oorlog nie

Loading player...
Die Amerikaanse president Donald Trump sê hy sou eerder 'n ooreenkoms aangaan om 'n einde te maak aan die oorlog in Iran omdat hy "nie mense wil doodmaak" nie. Washington voer aan gesprekke met Teheran gaan voort en daar is vordering, veral oor die heropening van die Straat van Hormuz. Iran het egter verklaar hy onderhandel nie met Amerika nie, het nie planne om dit te doen nie en is in gesprekke met Oman. Trump het in Las Vegas, Nevada herbeklemtoon dat enige ooreenkoms moet verseker Iran het nooit 'n kernwapen nie:
6 Aug 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA finansminister verlaag brandstofheffing vir nou

Die Suid-Afrikaanse minister van Finansies, Enoch Godongwana, het 'n tydelike verlaging van die brandstofheffing aangekondig om druk op huishoudings en ondernemings te verlig. Die heffing sal van 4 November tot 1 Desember verminder word met een Suid-Afrikaanse rand-50-sent per liter petrol en drie-rand per liter diesel. Godongwana het ook die…
21 Oct 11AM 1 min

Skaapboere produsente-maatskappy op rand van registrasie

Die land se skaapboere neem beheer oor hul eie toekoms, met planne vir die voorgestelde produsente-maatskappy wat goed vorder. Die inisiatief beoog om tussengangers uit te skakel, opbrengste vir boere te verbeter en nuwe markte regoor die SAOG-streek te ontsluit. Met meer as die minimum aantal belangstellende produsente reeds aan…
21 Oct 11AM 1 min

Hersien vereistes vir staatsdiensposte, hoor NV

Swanu-LP Evilastus Kaaronda wil hê dat die toelatingsvereistes vir staatsdiensposte en staatsondernemings hersien word. Hy sê vaardighede en bevoegdhede moet swaarder weeg as grade en werkservaring. Met sy kennisgewing van ‘n mosie in die Nasionale Vergadering het Kaaronda gesê die doel is om werk vir jongmense oop te stel, veral…
21 Oct 10AM 1 min

Shafudah 'moet fokus op minder skuld, meer groei'

Met die oog op môre se hersiene mediumtermynbegroting skuif die aandag na die fiskale prioriteite wat staatsbesteding behoort te rig. In 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus sê die ekonoom Robin Sherbourne dat finansminister Ericah Shafudah daarop behoort te fokus om staatskuld te verminder en groei in die binnelandse ekonomie…
21 Oct 10AM 1 min