Ramaphosa vra mans om GBV-oplossing te wees

Loading player...
President Cyril Ramaphosa sê baie moet nog gedoen word om veral geslagsgeweld en vrouemoord aan te spreek, wat die regering as 'n nasionale ramp verklaar het. Die Verenigde Nasies se Vroueorganisasie reken die koers waarteen Suid-Afrikaanse vroue vermoor word is vyf keer die wêreldgemiddeld. Die president het gister die viering van die 70ste herdenking van die 1956-Vroueoptog in Pretoria gelei. Ramaphosa het 'n beroep op mans en seuns gedoen om na vore te tree en deel van die oplossing te wees. Hy sê geslagsgeweld is nie 'n vroueprobleem nie:
10 Aug 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Dobbelary onder SA-jeug moet aandag kry

Die Nasionale Dobbelraad vra die regering om dringend aandag te skenk aan die krisis van jongmense wat steeds uitermate swaar deur ekonomiese uitsluiting getref word. Die raad se waarnemende uitvoerende hoof, Lungile Dukwana, moedig jong Suid-Afrikaners aan om nie sportweddenskappe en ander vorme van dobbelary as 'n alternatief vir 'n…
16 Aug 11PM 1 min

Landbou begin voorbereiding vir plantseisoen

Die landbouministerie het begin met voorbereidings vir Namibië se 2026/27-ploegseisoen, wat van 1 Oktober tot 31 Maart strek, om 508 trekkers en landbou-implemente landwyd te diens en te herstel teen 'n koste van ongeveer 8 miljoen Namibiese dollar. Kosmos 94.1 Nuus het met die ministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, gepraat,…
16 Aug 11PM 1 min

Hof het nou sê oor banke wat op huise beslag lê

Nuwe regulasies versterk beskerming vir Namibiërs wat weens agterstallige huisleningskuld die risiko loop om hul wonings te verloor. Die hervormings verhinder nie banke om op huise beslag te lê nie, maar bring groter geregtelike toesig voordat ’n primêre woning verkoop kan word. Deon Gous, ontleder by Cirrus Capital, het met…
16 Aug 6AM 1 min

Hardag-jeug moet regeringsinisiatiewe gebruik om werk te kry

Die voorsitter van die Hardap-streekraad, Simon Kooper, het jongmense in die streek versoek om regeringsekonomiese inisiatiewe, sake-inkubasie en befondsing soos die Nasionale Jeugontwikkelingsfonds te gebruik om werkloosheid aan te pak. Hy sê hierdie inisiatiewe is daarop gemik om jeugwerkloosheid aan te spreek, plaaslike ondernemings te versterk en volhoubare landelike ekonomiese…
16 Aug 5AM 1 min

Nasionale dokumente groot uitdaging in Omuthiya

Hy sê dat Angolese wat al geslagte lank in die land is, kla dat hulle nog nie Namibiese burgerskap ontvang het nie. Angolese burgers wat in die 1970's na Namibië gekom het, kwalifiseer kragtens die Kabinet se vereistes vir burgerskap.
16 Aug 4AM 1 min