Ramaphosa vra mans om GBV-oplossing te wees

Loading player...
President Cyril Ramaphosa sê baie moet nog gedoen word om veral geslagsgeweld en vrouemoord aan te spreek, wat die regering as 'n nasionale ramp verklaar het. Die Verenigde Nasies se Vroueorganisasie reken die koers waarteen Suid-Afrikaanse vroue vermoor word is vyf keer die wêreldgemiddeld. Die president het gister die viering van die 70ste herdenking van die 1956-Vroueoptog in Pretoria gelei. Ramaphosa het 'n beroep op mans en seuns gedoen om na vore te tree en deel van die oplossing te wees. Hy sê geslagsgeweld is nie 'n vroueprobleem nie:
10 Aug 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Hersien vereistes vir staatsdiensposte, hoor NV

Swanu-LP Evilastus Kaaronda wil hê dat die toelatingsvereistes vir staatsdiensposte en staatsondernemings hersien word. Hy sê vaardighede en bevoegdhede moet swaarder weeg as grade en werkservaring. Met sy kennisgewing van ‘n mosie in die Nasionale Vergadering het Kaaronda gesê die doel is om werk vir jongmense oop te stel, veral…
21 Oct 10AM 1 min

Shafudah 'moet fokus op minder skuld, meer groei'

Met die oog op môre se hersiene mediumtermynbegroting skuif die aandag na die fiskale prioriteite wat staatsbesteding behoort te rig. In 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus sê die ekonoom Robin Sherbourne dat finansminister Ericah Shafudah daarop behoort te fokus om staatskuld te verminder en groei in die binnelandse ekonomie…
21 Oct 10AM 1 min

Ierland kom maak plaaslik krieketgeskiedenis

Krieketgeskiedenis gaan gemaak word wanneer Ierland se mansspan vir die eerste keer ooit teen die FNB Eagles te staan kom in 'n opwindende reeks van vyf eendagwedstryde. Die eerste wedstryd begin môre om 10-uur op die Namibië Krieketveld in Windhoek. Die Capricorn Eagles A-span sal ook van 25 tot 31…
21 Oct 10AM 1 min

Nascam sê hy werk daaraan om invorderings te verbeter

Nascam sê tantième aan musikante en komponiste word tans een keer per jaar uitbetaal, gegrond op gerapporteerde musiekgebruik en ingevorderde lisensiegelde. Die waarnemende uitvoerende hoof, Ferdinand Gertze sê die organisasie werk daaraan om invorderings te verbeter, onder meer deur lisensie-inspekteurs in die streke aan te stel, en meer musiek-gebruikers te…
21 Oct 10AM 1 min

Zelensky reg om dadelik vir vrede te onderhandel

Die Oekraïnse president, Volodymyr Zelensky, is gereed om onmiddellik te onderhandel vir 'n vinnige, blywende vredesooreenkoms met Rusland. Kiëf en sy Europese bondgenote het voorstelle uitgewerk om vredespogings te bevorder, insluitend 'n moontlike drieledige gesprek tussen die leiers van Oekraïne, Rusland en Amerika. Dit maak ook voorsiening vir die uitruil…
21 Oct 9AM 1 min