Afrikaans vandag 151 jaar terug gestig

Loading player...
Min organisasies in die Suider-Afrikaanse geskiedenis het so 'n diepgaande en blywende invloed gehad as die Genootskap van Regte Afrikaners. Die beweging, wat in 1875 in die Paarl gestig is, het 'n bepalende rol gespeel in die transformasie van Afrikaans van 'n gesproke dialek na 'n erkende skryftaal, en uiteindelik 'n amptelike taal. Vanaf 15 Januarie 1876 het die genootskap 'n tydskrif in Afrikaans gepubliseer genaamd Die Afrikaanse Patriot, die eerste in sy soort. Afgetrede predikant en lid van Netwerk Namibia se bestuur, Dr. Callie Opperman, gesels met Kosmos 94.1 Nuus:
14 Aug 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Windhoek-motoriste meestal in die kol tydens Roadwatch 

Dit lyk of Windhoek-motoriste vanoggend hul beste voetjie voorgesit het, met rustige paaie en slegs een motoris wat gewaarsku is omdat sy voertuig oorlaai was tydens vanoggend se Kosmos 94.1 Roadwatch. Francois Lottering doen verslag. 
21 Oct 4AM 1 min

Namibiër deel sy ervaring van onrus in Frankryk 

Frankryk berei voor vir verdere betogings die naweek ná dae van geweld, plundering en skade aan openbare geboue en ondernemings in verskeie stede. Kosmos 94.1 Nuus het met die Namibiër Louis Jansen van Vuuren gepraat oor sy reaksie op die onrus en hoe hy die situasie in Parys ervaar. 
21 Oct 4AM 1 min

Rubio verwerp bewerings oor Amerikaanse steun aan Oekraïne

Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, het bewerings verwerp dat Oekraïners sterf omdat Amerika intelligensie van Kiëf terughou. Die VSA het na bewering 'n groot deel van die intelligensie wat gedeel is, stopgesit, en ook wapens geblokkeer wat ingevolge die Voorkeurlys van Vereistes vir Oekraïne verkoop is. Verlede…
21 Oct 3AM 1 min

SA landbou-leiers waarsku oor moontlike verlies aan AGOA-toegang

Landbouleiers in Suid-Afrika reageer op die moontlikheid dat die land sy voorkeurtoegang tot die Amerikaanse mark ingevolge die AGOA-handelsooreenkoms kan verloor. Die ooreenkoms bied tariefvoordele vir duisende produkte uit kwalifiserende Afrikalande. Dr. Theo de Jager, voorsitter van die Suider-Afrikaanse Agri-inisiatief, het met Kosmos 94.1 Nuus oor die moontlike gevolge vir…
21 Oct 3AM 1 min

Ramaphosa belowe optrede oor Tshwane se waterkrisis

Die Suid-Afrikaanse president, Cyril Ramaphosa, sê die Nasionale Waterkrisis-komitee sal aandag gee aan die waterkrisis in Bronkhorstspruit, Tshwane, waar kraanwater onveilig vir menslike gebruik verklaar is ná ’n uitbreking van maagderm-siektes. Tydens ’n ANC-deur-tot-deur-veldtog in Daveyton, Ekurhuleni, het Ramaphosa om verskoning gevra vir die siektes en beklemtoon dat swak waterbehandeling…
21 Oct 2AM 1 min