
SA landbou-leiers waarsku oor moontlike verlies aan AGOA-toegang
Loading player...
Landbouleiers in Suid-Afrika reageer op die moontlikheid dat die land sy voorkeurtoegang tot die Amerikaanse mark ingevolge die AGOA-handelsooreenkoms kan verloor. Die ooreenkoms bied tariefvoordele vir duisende produkte uit kwalifiserende Afrikalande. Dr. Theo de Jager, voorsitter van die Suider-Afrikaanse Agri-inisiatief, het met Kosmos 94.1 Nuus oor die moontlike gevolge vir Suid-Afrikaanse landbou gepraat.

