
Bek-en-klouseerbeperkings druk kleinskaalse boere
Loading player...
Die landbouministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, sê bek-en-klouseerbeperkings is ’n bitter pil om te sluk vir kleinskaalse boere wat met voortgesette handelsbeperkings worstel. Muyunda sê die slag van vee op plase vir kommersiële verkoop bly verbode om die verspreiding van die virus te beperk. Hy verseker produsente dat beperkings verslap kan word namate die risikovlakke daal en doen ’n beroep op alle belanghebbendes om die Dieregesondheidswet na te kom om verdere uitbrekings te voorkom.

