
Namibiese familie beskryf onrus in Frankryk
Loading player...
'n Namibiese familie wat tans op kontrak in Frankryk werk, sê die onrus in die land het nog nie hul tuisdorp, Montauban, sowat 60 kilometer van Toulouse, bereik nie. Die familie, wat anoniem wil bly, sê hulle is teleurgesteld oor die skade wat tydens die betogings en onluste aan historiese geboue en infrastruktuur aangerig is.

