
Rise Mzansi vra brandstofverligting in begroting
Loading player...
Rise Mzansi vra dat die Nasionale Tesourie die brandstofheffing hersien en verligting bied aan verbruikers en ondernemings wat onder stygende koste gebuk gaan. Die party sê wêreldwye ekonomiese onsekerheid en hoër oliepryse vererger die land se lewenskostekrisis. Mabine Seabe van Rise Mzansi doen ’n beroep op die minister van finansies, Enoch Godongwana, om die mediumtermyn-begrotingsverklaring te gebruik om brandstofkoste aan te pak, plaaslike ondernemings teen wêreldwye handelsdruk te beskerm en sukkelende munisipaliteite te ondersteun.

