
Omusati versterk brandbestryding met 112 km-brandstroke
Loading player...
Die Omusati-streeksrampbestuurskomitee het die skoongemaakte brandstroke in die Omutambo-Omawe-weiveld in die Okahao-kiesafdeling geëvalueer. Verwoestende veldbrande het die gebied die afgelope paar jaar geteister, en 112 kilometer se brandstroke is vanjaar reeds skoongemaak. Komiteevoorsitter Daniel Iilende sê onvoldoende befondsing, vinnig hergroeiende weiding en ’n tekort aan arbeiders om groot bome te verwyder, bly van die grootste uitdagings.

