
Aanspreeklikheid geëis nadat 408 mense weens besmette drinkwater in Tshwane siek geword het
Loading player...
Die Suid Afrikaanse Motorbedryf-personeelvereniging sê die Stad Tshwane moet verantwoordelik gehou word nadat 408 mense siek geword het weens maag-derm-infeksies weens besmette drinkwater in Bronkhorstspruit en omliggende gemeenskappe. ’n Gesamentlike ondersoek het bevind die plaaslike watersuiweringsaanleg het vir drie weke water sonder chloor versprei, weens probleme met die stad se chloortoevoer. Phakamile Hlubi-Majola van die vereniging sê die stad het ook versuim om inwoners te waarsku die water is onveilig:

