Woord vir Vandag - 1 Sep 2026

Loading player...
“Ek wil die Here prys en nie sy goeie dade vergeet nie.” Psalm 103:2 NLV
Hoe om seën te herken
Dis die slegte dae wat ons help om die goeie dae te waardeer. Sonder slegte dae sou ons geen vergelykingspunt hê nie. Dawid het eendag met homself gepraat en sy gedagtes vir ons opgeteken: ‘Ek wil die Here prys en nie sy goeie dade vergeet nie.’ Hier is ses ‘goeie dade’ wat die moeite werd is om oor na te dink: 1) As jy vanoggend redelik gesond wakker geword het, is jy meer geseënd as die miljoen mense wat hierdie week nie sal oorleef nie. 2) As jy nog nooit die gevaar van oorlog, die eensaamheid van gevangenskap, die pyn van marteling of die pyn van hongersnood ervaar het nie, is jy beter as vyfhonderd miljoen ander mense in die wêreld daaraan toe. 3) As jy ‘n kerkdiens sonder vrees vir teistering, arrestasie, marteling of die dood kan bywoon, is jy meer geseënd as drie miljard mense in die wêreld. 4) As jy kos in die yskas, klere aan jou rug, ‘n dak oor jou kop en ‘n plek om te slaap het, is jy ryker as 75 persent van die wêreld. 5) As jy geld in die bank of in jou beursie, of kleingeld in ‘n laai iewers het, tel jy onder die top 8 persent van die wêreld se rykes. 6) As jy hierdie dagstukkie kan lees, is jy meer geseënd as meer as twee miljard mense in die wêreld wat glad nie kan lees nie. Daar is altyd iemand wat slegter daaraan toe is. Dit beteken nie dat jy jouself in ander mense se ellende verlustig nie. Dit behoort egter jou Christus-gelyke deernis te verhoog en jou ‘n gevoel van dankbaarheid te gee waarvoor jy elke dag dankie moet sê.
17 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min