Woord vir Vandag - 2 Sep 2026

Loading player...
“Maar aan elkeen van ons afsonderlik is volgens Christus se vrygewigheid ‘n genadegawe gegee.” Efesiërs 4:7 NLV
Gebruik die gawe wat God jou gegee het
Paulus het gesê dat toe Jesus ‘…in die hoogte opgevaar het, het Hy krygsgevangenes meegevoer en geskenke aan die mense gegee’ (vers 8 NLV). Hy het die metafoor van ‘n seëvierende koning gebruik. Dit was algemeen in Paulus se tyd dat die verowerende monarg sy prestasie gevier het deur geskenke aan sy mense te gee. Jesus het dit ook gedoen. Nadat Hy die sonde en die dood aan die kruis verslaan het, het Hy na die hemel opgevaar, sy regmatige plek aan die regterhand van God ingeneem en ‘…geskenke aan die mense gegee.’ Wat ‘n heerlike gedagte! Jesus, wat vir ewig die kroon dra, deel vermoëns en vaardighede uit: ‘Pieter, neem jou plek in die veld van medisyne in. Maria, jou gebied is rekeningkunde.’ Almal kry ‘n gawe en hierdie gawes kom in verskillende dosisse en kombinasies voor. ‘Die Gees wys vir elkeen wat hy moet doen, want die Gees weet wat is goed vir die gemeente’ (1 Korintiërs 12:7 ABA). Ons erfenis is op genade en gelykheid gebaseer, maar ons lewensopdragte is volgens maat gemaak. Geen twee sneeuvlokkies is dieselfde nie. Geen twee vingerafdrukke is dieselfde nie. Waarom sou twee vaardighede dieselfde wees? Geen wonder dat Paulus gesê het: ‘Moenie ondeurdag optree nie, maar probeer uitvind wat God se wil is’ (Efesiërs 5:17 NLV). As jy nie weet wat jou lewensdoel is nie, sal jy nooit die lied sing wat God vir jou stem geskryf het nie en nooit die wenstreep met arms wat hemelwaarts gestrek is oorsteek en verklaar: ‘Ek is gemaak om dit te doen!’ nie. Daarom sê die Bybel: ‘Laat elkeen sy eie doen en late ondersoek: as dit goed is, kan hy daarop trots wees sonder om dit met dié van ‘n ander te vergelyk’ (Galasiërs 6:4 AFR83).
17 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min