Woord vir Vandag - 3 Sep 2026

Loading player...
“Daarom, laat ons vir onsself onderskei wat reg is; laat ons saam leer wat goed is.” Job 34:4 NLV
Duidelike tekens voor verkeerde besluite
Wanneer jy ‘n fout maak of ‘n slegte besluit neem sal jy, as jy wys is, daaruit leer deur te vra: ‘Waar het ek verkeerd gegaan?’ Hier is drie maniere om te verhoed dat jy ‘n slegte besluit neem: 1) Moenie betrokke raak waar jy nie hoort nie. Om sonder uitnodiging te ‘help,’ word ‘inmenging’ genoem. Maak nie saak hoe goed gekwalifiseerd jy is nie, maak nie saak hoe erg ander mense dinge deurmekaarkrap nie, wanneer jy intree waar God jou nie geroep het om te gaan nie, loop dinge nooit goed af nie. 2) Stop, dink en bid voordat jy besluit. ‘Iemand wat ‘n antwoord gee voor hy die vraag gehoor het, is dwaas. Skande wag vir hom’ (Spreuke 18:13 NLV). As jy verslaaf aan prestasie is - iemand wat dink dis beter om enigiets te doen eerder as om te wag - kan jy impulsiewe besluite maak wat dinge eerder vererger as verbeter. Sluit sleutelpersone in jou besluitneming in en luister na die raad van die Heilige Gees voordat jy aksie neem (sien Johannes 16:13). 3) Moenie te lank wag om te besluit nie. As jy ‘n perfeksionis is, loop jy hierdie risiko. Jy raak so bekommerd dat jy die verkeerde besluit gaan neem, dat jy op die ou einde geen besluit neem nie. Om geen keuse te maak nie, is eintlik ‘n keuse. ‘Vra vir God as jy nie kan agterkom wat Hy wil hê jy moet doen nie. Hy sal jou eenvoudig daardie wysheid gee, en jou nie verwyt dat jy dit gevra het nie’ (Jakobus 1:5 NLV). Ten beste? Jy sal dapper optree, besorgdheid oor ander mense betoon en dinge verbeter. Ten slegste? Jy sal ‘n fout maak en daardeur wyser word.
17 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min