Woord vir Vandag - 5 Sep 2026

Loading player...
“Maar die wysheid wat van Bo kom, is in die eerste plek suiwer…” Jakobus 3:17 NLV
Bid vir ‘die wysheid wat van Bo kom’
Die Bybel sê dat die wysheid wat uit hierdie wêreld kom, ‘…aards… sondig… demonies…’ is, want dit kom uit ‘…jaloesie en selfsugtige ambisie…’ en ‘…allerhande gemene dade…’ (verse 15-16 NLV). Die wysheid wat jy nodig het, kom vanuit ‘n ander bron: ‘Maar die wysheid wat van Bo kom, is in die eerste plek suiwer. Verder is dit vredeliewend, inskiklik, bedagsaam. Dit is bereid om deernis te bewys en het goeie gevolge’ (vers 17 NLV). Mense het deesdae toegang tot meer kennis as ooit tevore. Tog lyk dit of wysheid amper glad nie bestaan nie. Paulus se woorde aan die Korintiese kerk kan heel moontlik ook aan ons gerig word: ‘…Is daar dan regtig niemand in julle gemeente wat oor genoeg wysheid beskik…nie?’ (1 Korintiërs 6:5 NLV). Daar is ‘n groot verskil tussen kennis en wysheid. Kennis is die opgaar van feite en inligting. Enigeen kan feite opgaar. Ons probleem is ons gebrek aan wysheid; ons is nie in staat om die feite wat ons geleer het, in die praktyk en in werklike situasies toe te pas nie. As ons ons geloof in aksie wil omsit, sal ons ‘die wysheid wat van Bo kom’ nodig hê. As paartjies het ons dit nodig om sterk huwelike te bou (sien 1 Petrus 3:7). As ouers het ons dit nodig om ons kinders op die pad wat hulle moet loop, te lei (sien Spreuke 22:6). As Christen-sakemanne het ons dit nodig om in die werksplek te slaag (sien Jesaja 48:17). As jy wys is, sal jy bid: ‘Here, ek nooi U uit om saam met my te werk, in my te werk, deur my te werk en vir my te werk.’ Dis ‘n gebed wat Hy sal verhoor.
17 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min