Woord vir Vandag - 7 Sep 2026

Loading player...
“’Ek weet wat Ek vir julle beplan het,’ sê die Here. ‘Ek beplan voorspoed vir julle, nie teëspoed nie. Ek wil hê dat julle hoop vir die toekoms moet hê.’” Jeremia 29:11 NLV
Streef God se doel vir jou lewe na
Niks is meer bevredigend as om jou lewensdoel te ken nie - selfs wanneer teenstand ondraaglik lyk en ander afleidings dreig om dit te oorskadu. Dikwels wanneer mense sê dat hulle nie ‘n passie vir enigiets het nie, bedoel hulle eintlik dat hulle nie die geloof het om te glo dat hulle dit kan doen wat hulle werklik in hul harte begeer nie. Jesus het geweier om toe te laat dat enigiemand sy aandag van sy doel aflei. ‘Toe het iemand uit die skare geroep: ‘Leermeester, sê asseblief vir my broer om ons pa se boedel met my te deel.’ Jesus het geantwoord: ‘Vriend, wie het My as regter oor julle aangestel om oor sulke dinge te besluit?’’ (Lukas 12:13-14 NLV). In wese het Jesus gesê: ‘My aandag gaan nie afgelei word deur ‘n arbitrasieverhoor tussen julle twee te hou nie. Dit is nie deel van my doel hier op aarde nie.’ Selfs op die dag wat Jesus sy lewe aan die kruis gegee het, was daar baie siek mense wat genesing nodig gehad het en ‘n magdom ander onmoontlike situasies wat sy aandag vereis het. Hy het egter geweet dat alles deur die krag van sy dood en opstanding aangespreek sou word. Dus, ten spyte van onopgeloste probleme, het Hy vol vertroue aan sy hemelse Vader hierdie verslag oor sy bediening gegee: ‘Ek het U op aarde verheerlik deur die werk te voltooi wat U My gegee het om te doen’ (Johannes 17:4 NLV). Jesus het geweier om toe te laat dat sy dissipels, Satan, welmenende familielede, behoeftige mense of enigiemand anders Hom van sy doel weerhou het. Jy moet ook leer om dit te doen. Dit laat die vraag ontstaan: Kan jy jou Godgegewe doel in ‘n enkele sin stel? Streef jy dit na?
17 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min