Woord vir Vandag - 8 Sep 2026

Loading player...
“Selfs as jy ‘n beker koue water aan een van my geringste dissipels sou gee… verseker Ek jou dat jy jou beloning nie sal misloop nie.” Matteus 10:42 NLV
Een lewe op ‘n slag
Les Goldberg se vriende het gedink hy was mal toe hy ‘n huis koop om aan haweloses te verhuur. As ‘n afgetrede ingenieur het Les gevoel dat dit die enigste besluit is wat hy kon neem. Hy het elke dag minstens een uur saam met sy hawelose vriende bestee en gehelp om verskeie eiendomme namens hulle op te knap. Goldberg het nooit die haweloses as onverantwoordelik of onbetroubaar beskou nie; hy het hulle slegs as mense gesien. Mense wat seer het! Hy het beplan dat die huis wat hy gekoop het, as beide ‘n tydelike skuiling en ‘n inloopsentrum gebruik kon word – ‘n plek waar haweloses hulle pos kon ontvang, telefoonoproepe kon maak, werksaanbiedinge kon opvolg en donasies kon ontvang. Vier hawelose mans het in die huis gewoon en minimale huur betaal om uitgawes te dek. Huisreëls was streng: geen alkohol, geen dwelms, geen rondlê nie. Goldberg was nooit ryk nie. Vir twintig jaar het hy sy eie besigheid bedryf en ongeveer $25 000 per jaar verdien deur brandsproeiers te ontwerp en te installeer. Hy was eenvoudig ‘n man wat ‘n onvervulde behoefte gesien het en ‘n manier gevind het om dit te help vervul. Moeder Teresa het gesê: ‘Ons kan nie almal groot dinge doen nie, maar ons kan almal klein dingetjies met groot liefde doen.’ Jesus het dit so gestel: ‘Selfs as jy ‘n beker koue water aan een van my geringste dissipels sou gee bloot omdat hy ‘n dissipel is, verseker Ek jou dat jy jou beloning nie sal misloop nie.’ Terwyl jy deur hierdie dag gaan, hou jou hart oop en vra God om jou ‘n oplossing vir iemand anders se probleem te gee. Wanneer jy dit doen, sal jy jou beloning vir seker nie misloop nie.
17 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min