Woord vir Vandag - 9 Sep 2026

Loading player...
“…Gee die kreet! Die Here gee die stad vir julle!” Josua 6:16 NLV
Hou aan marsjeer en glo
Jerigo was die grootste vesting in Kanaän en moes verower word voordat Israel die land kon intrek en besit. Daarom het God vir hulle gesê om ses dae lank een keer per dag om die mure te marsjeer, en op die sewende dag sewe keer. Op die sewende dag het Josua vir die volk gesê: ‘…Gee die kreet! Die Here gee die stad vir julle!’ Is daar ‘n vesting in jou lewe? Is jy mismoedig en voel dat jy al lank sonder enige teken van oorwinning veg? Dit het dalk ook so vir die Israeliete gelyk. Let op dat God vir Josua gesê het dat die mure op die sewende dag sou ineenstort, maar Josua het dit nie vir die mense gesê nie. Hulle moes net aanhou marsjeer. Die Here vertel ons ook nie alles nie! Deur die pen van Paulus spoor Hy ons aan: ‘…staan baie vas, onbeweeglik. Gee altyd julle allerbeste vir die Here se werk, want julle weet voor die Here is alles wat julle doen die moeite werd’ (1 Korintiërs 15:58 NLV). Hou dus aan marsjeer, hou aan bid en hou aan glo. Vandag mag dalk die dag wees wanneer die mure van jou Jerigo ineenstort. Jy is dalk net ‘n paar treë weg van ‘n oomblik soos hierdie: ‘Toe die volk hoor dat die ramshorings die teken gee, het hulle die aanvalskreet uitgeskreeu. Die mure het inmekaar gestort. Almal het oorgeklouter, reguit die stad in. Hulle het die stad ingeneem’ (Josua 6:20 NLV). Die einste mure wat hulle uitgehou het, het die trappe na oorwinning geword. Hou dus aan marsjeer en glo. Verslaan jou vestings met die geestelike wapens van aanbidding, Skrif en gebed. Dis net ‘n kwessie van tyd voordat jou Jerigo val.
17 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min