Woord vir Vandag - 10 Sep 2026

Loading player...
“Die tong het mag oor dood en oor lewe...” Spreuke 18:21 NLV
Spreek die Skrif
Iets kragtigs gebeur wanneer ons God se Woord spreek. ‘Die tong het mag oor dood en oor lewe. Hulle wat lief is om te praat, moet saamleef met die gevolge van hulle woorde.’ Jesus het letterlik met die wind en die golwe gepraat, nie waar nie? Hy het storms bestraf. Hy het demone bestraf. Hy het siektes bestraf. Hy het selfs vir ons gesê om berge aan te sê om te versit! (Sien Markus 11:23.) Wanneer jy jou geloof verbaliseer, gee jy dit krag. Daar is ‘n paar dinge wat jy egter nie moet sê nie. Toe Jeremia sy ouderdom as ‘n verskoning gebruik het om nee vir God se roeping te sê, het die Here hom bestraf: ‘…Moenie sê jy is te jonk nie…’ (Jeremia 1:7). Met ander woorde, moenie jouself diskwalifiseer wanneer God jou roep nie! Spreek eerder lewe-gewende, geloofsgevulde, genade-deurdrenkte woorde. Mark Batterson sê: ‘Daar is sommige dinge wat ek weier om te sê, want dit gee hulle krag. Ek noem dit my ‘Sê Nie’-lys. Watter woorde moet op jou ‘Sê Nie’-lys gaan? Ek praat nie net van woorde wat nie in ordentlike geselskap gesê moet word nie. Jesus het gesê ons sal van elke ydele woord rekenskap gee. ‘n Ydele woord is ‘n nuttelose, waardelose woord – ‘n woord wat niks bereik nie.’ Jesus het ook in Matteus 12:34 gesê: ‘…Waar die hart van vol is, loop die mond van oor’ (NLV), dus is ons woorde x-strale van wat binne-in ons aangaan. Dit is waar die stryd gewen of verloor word. As ons wil hê dat ons woorde sy Woord moet weerspieël, is dit waar ons geanker moet wees. Wanneer ons dit doen, word die gesindheid van Christus ook ons denkwyse.
17 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min