Woord vir Vandag - 13 Sep 2026

Loading player...
“Alles wat julle in die gebed van God vra, sal julle ontvang, mits julle God daarmee vertrou.” Matteus 21:22 NLV
Bid met vrymoedigheid (3)
Max Lucado het oor die krag van gebed in die lewe van sy vriend, Greg Pruett, geskryf: ‘Hy is as ‘n ingenieur, taalkundige en Bybelvertaler opgelei. Sy belangrikste bydrae is egter dalk op die gebied van ‘extreme prayer.’ In Greg se boek met dieselfde naam, vertel hy hoe hy van Guinee in Wes-Afrika teruggekeer het om die pos van die president van Pioneer Bible Translators te aanvaar. Dit was in 2008 – tydens die Groot Resessie. Die bediening se finansies was beroerd, op pad na insolvensie. Greg het geen ervaring om so ‘n organisasie te lei gehad nie en kon geen tasbare plek vind om uitgawes te besnoei nie. Hulpbronne was min en die skenkers het verdwyn. Greg het net een reaksie daarop gehad: gebed. ‘Dit is toe dat ek begin leer het om nie oor my strategieë te bid nie, maar om gebed die strategie te maak.’ In Julie het hy ‘n brief aan sy vriende wêreldwyd geskryf en hulle tot gebed opgeroep. Hy het hulle aangespoor om voor God se troon met spesifieke en dapper versoeke te staan. Greg het die resultaat as volg beskryf: ‘Toe ek die jaareindverslag lees, het ek geweet dat God ons gebede verhoor het. My oë het vol trane geskiet. As ‘n finansiële kenner hierdie verslag sou ontleed, sou hulle hul vinger op die maand Julie plaas en vra: ‘Wat het jy hier gedoen? Wat dit ook al was, jy moet dit baie meer doen.’ Ek het tevergeefs na ‘n tasbare verduideliking gesoek. Ek wou ontleed presies wat ons gedoen het, sodat ons dit weer kon doen. Ek kon egter nooit. Al wat ek geweet het, is dat God voorsien het. Al wat ek gehad het, was God - en gebed.’ Is dit al wat jy het? Dis al wat jy nodig het!
17 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min