Woord vir Vandag - 15 Sep 2026

Loading player...
“…Julle sal produktief wees in elke goeie werk en God al hoe beter persoonlik leer ken.” Kolossense 1:10 NLV
Jy is geroep om goeie werke te doen
Baie mense ken die verhaal hoe Helen Keller die moeilike fisiese uitdaging oorkom het om sonder gehoor, spraak en sig gelaat te word nadat sy as baba koors opgedoen het, en hoe sy uiteindelik geleer het om deur braille te kommunikeer. Haar lewe het miljoene mense geïnspireer. Een van haar vurige bewonderaars was die skrywer Mark Twain. Wat baie mense egter nie weet nie, is hoe hard Helen as volwassene gewerk het. Nadat sy met lof haar graad by Radcliffe College voltooi het, het sy tot haar dood op die ouderdom van agt-en-tagtig gewerk om ander mense te help. Sy het talle artikels geskryf. Sy het lesings vir die Amerikaanse Stigting vir Blindes gegee en miljoene dollars daarvoor ingesamel. Om en by haar tagtigste verjaardag het sy die Lions Humanitêre Toekenning vir haar uitstaande diens aan blindes, ontvang. In die Bybel het Paulus vir die Christene in Kolossense gebid: ‘Dan sal julle leefstyl tot eer van die Here wees en Hy sal daarmee tevrede wees…’ (Kolossense 1:10 NLV). Hy het ook vir hulle twee maniere om dit te doen gegee: ‘Julle sal produktief wees in elke goeie werk en God al hoe beter persoonlik leer ken.’ Geloof en goeie werke; geestelikheid en diens; om die Here te dien en in die behoeftes van ander te voorsien. Dit is hoe Helen Keller geleef het. Jy sê: ‘Maar ek wil eerder die Here as mense behaag.’ Hier is hoe jy dit doen: ‘Doen julle werk entoesiasties, asof julle dit vir die Here doen en nie vir mense nie’ (Efesiërs 6:7 NV). Die gesangeskrywer Charles Meigs het geskryf: ‘Others, Lord, yes others, let this my motto be. Help me to live for others, that I may live like Thee.’
17 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min