Woord vir Vandag - 18 Sep 2026

Loading player...
“…Dink ‘n bietjie na oor hoe sake vir julle staan! Julle het baie aanplantings gedoen, maar die oes was maar skraal…” Haggai 1:5-6 NLV
Gehoorsaamheid: die sleutel tot oorwinning en seën
In die eerste hoofstuk van Haggai lees ons van ‘n groep mense vir wie God gesê het om sy huis te herbou. Na agtien jaar het hulle Hom steeds nie gehoorsaam nie, maar kon nie verstaan waarom hulle lewens ‘n gemors was nie. Hulle het gewonder waarom God hulle nie seën nie. Daarom het Hy vir hulle gesê: ‘Hoe kan julle in weelderige huise bly terwyl my huis ‘n ruïne is?.. Dink ‘n bietjie na oor hoe sake vir julle staan! Julle het baie aanplantings gedoen, maar die oes was maar skraal. Julle het nou wel kos om te eet, maar julle is nog honger. Julle het wyn om te drink, maar nie genoeg om julle dors te les nie. Julle het klere om aan te trek, maar dit is nie voldoende om julle warm te hou nie. Julle geld raak weg asof dit gebêre is in ‘n broeksak met gate!.. Gaan haal hout op die heuwels en begin dan my huis herstel. Dit sal My tevrede stel en Ek sal voel dat julle My eer betoon…’ (verse 4-8 NLV). As jy nie tevrede is met hoe dinge gaan nie, is dit nie dalk omdat jy nie gedoen het wat Hy vir jou gesê het om te doen nie? Jakobus het geskryf: ‘Van Bo af kom net goeie, ja, volmaakte gawes. Hulle kom van die Vader wat die hemelligte geskep het. Anders as die hemelligte, staan Hy onbeweeglik vas. Selfs sy skaduwee verskuif nie soos hulle s’n nie’ (Jakobus 1:17 NLV). God is intrinsiek goed en Hy wil graag jou lewe met sy goedheid oorlaai. Om dit te ervaar, moet jy egter in gehoorsaamheid wandel. ‘…Hy sal die goeie nie weerhou van hulle wat doen wat reg is nie’ (Psalm 84:12 NLV). Gehoorsaamheid is jou sleutel tot oorwinning en seën.
17 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min