Woord vir Vandag - 19 Sep 2026

Loading player...
“Dit beteken dat lof en vloek uit dieselfde mond kom. Dit kan tog nie so wees nie…!” Jakobus 3:10 NLV
Moenie met ‘n ‘gevurkte tong’ praat nie
Let op wat die Bybel oor ‘n onbeheerste tong sê: ‘Partykeer loof daardie tong ons Here en Vader, en ander kere vloek dieselfde tong mense wat na die beeld van God gemaak is. Dit beteken dat lof en vloek uit dieselfde mond kom. Dit kan tog nie so wees nie…! Kan ‘n fontein uit dieselfde oog soet en bitter water laat opborrel? Kan jy olywe van ‘n vyeboom afpluk, of vye van ‘n druiwestok?’ (verse 9-12 NLV). Inheemse Amerikaanse Indiane het gewaarsku om nie iemand met ‘n ‘gevurkte tong’ te vertrou nie. Hulle sal een ding op een tyd op een plek sê en die teenoorgestelde ding op ‘n ander tyd op ‘n ander plek sê. Ons mislei onsself as ons dink ons kan deur die lewe gaan en met ‘n gevurkte tong praat. Ons woorde is ‘n barometer van wat werklik in ons harte aangaan. Daarom het Salomo geskryf: ‘Bo alles wees versigtig met wat in jou hart aangaan. Wat jy dink, bepaal alles wat jy doen’ (Spreuke 4:23 NLV). Soms sal ‘n dokter jou tydens ‘n ondersoek vra om jou tong uit te steek. Hoekom? Omdat interne probleme dikwels deur die film of laag op die tong geïdentifiseer kan word. ‘n Bekwame dokter sal egter nie net jou tong skoonmaak en jou huis toe stuur nie. Nee, hulle sal die oorsprong van jou probleem bepaal en dit dan behandel. ‘n Hart wat aan God oorgegee is, produseer ‘n tong wat onder die beheer van sy Heilige Gees is. Salomo het ook gesê: ‘Dis lekker om te luister na wyse woorde. Dwase se gepraat lei net tot vernietiging’ (Prediker 10:12 NLV).
17 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min