Woord vir Vandag - 20 Sep 2026

Loading player...
“En God is in staat om aan julle elke gawe in oorvloed te gee sodat julle in elke opsig altyd van alles genoeg kan hê…” 2 Korintiërs 9:8 NLV
In vennootskap met God
Paulus het geskryf: ‘En God is in staat om aan julle elke gawe in oorvloed te gee sodat julle in elke opsig altyd van alles genoeg kan hê… God wat saad voorsien aan die saaier… sal ook aan julle saad gee en dit laat toeneem en die vrugte van julle goedhartigheid lieflik laat groei. In elke opsig sal julle ryk gemaak word om ook by elke geleentheid vrygewig te kan wees…’ (verse 8, 10-11 NLV). Paulus kon dit nie duideliker stel nie. As ons getrou is om vrygewig te gee, sal God ons as bekwame vennote onthou en ons in die toekoms weer gebruik om aan ‘n behoefte te voldoen. Wanneer ‘n restaurant goeie diens lewer, lei dit tot herhaalde besigheid. Dieselfde geld vir goeie rentmeesters. As jy vrygewig saai, is God in staat om jou meer en meer te gee. Wanneer jy in ‘n gee-vennootskap met Hom is, maak Hy seker dat jy alles kry wat jy nodig het, presies wanneer jy dit nodig kry. Dis sy aanbod aan jou. Ware rykdom is om alles te hê wat jy nodig het, wanneer jy dit nodig kry. Dit behoort al jou vrese om te gee, te verdryf. Hou vrees jou vrygewigheid terug? Gee jy net wanneer daar oorskiet is omdat jy bekommerd is oor hoe om kop bo water te hou? Het jy al ooit vir God gevra om jou ‘n plan te gee vir die rentmeesterskap van die geld wat Hy aan jou toevertrou het? Op ‘n stadium moet jy as Christen die sprong neem en sê: ‘God, omdat ek my so baie oor geld bekommer, nooi ek U in my finansies in. Ek wil weet dat U betrokke is, maak nie saak of dinge goed of sleg gaan nie.’
17 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min