Woord vir Vandag - 21 Sep 2026

Loading player...
“…ek kom na jou toe in die Naam van die Here die Almagtige…” 1 Samuel 17:45 NLV
Praat terug met jou reus
Goliat het bo Dawid uitgetroon. Dawid het egter na Goliat deur die oë van sy almagtige God wat hoog sit, laag sien en alles oorwin, gekyk. ‘…Jy kom na my toe met ‘n swaard en ‘n spies en ‘n kromswaard, maar ek kom na jou toe in die Naam van die Almagtige, die God van die magte van Israel wat jy beledig het.’ Intimidasie is een van Satan se gunstelingwapens. Hy sal jou gedagtes gee wat jou in ‘n toestand van vrees laat. Eendag het die spotprentkarakter Charlie Brown by die skool middagete geëet toe hy aan sy vriend Linus bieg dat hy nie goed genoeg voel om ‘n sekere jong dame te nader nie: ‘Ek kan nie met daardie klein rooikopmeisie praat nie, want sy is iets en ek is niks. As ek iets was en sy niks was nie, kon ek met haar praat, of as sy iets was en ek iets was, dan kon ek met haar praat. Of as sy niks was en ek niks was nie, dan kon ek ook met haar praat. Maar sy is iets en ek is niks, so ek kan nie met haar praat nie.’ Linus het geantwoord: ‘Vir niks, Charlie Brown, is jy werklik nogal iets besonders!’ Charlie Brown het toegelaat dat die rooikop se skoonheid hom intimideer en na die kantlyn toe dwing. As sy verloste kind, dink God dat jy werklik iets besonders is. Dawid het gesê: ‘Het die Here jou gered? Sê dit dan, jy wat Hy verlos het van die vyand’ (Psalm 107:2 NLV). Omdat Dawid se woorde met God se Woord en sy plan ooreengestem het, is Goliat in sy spore gestuit. Staan dus vandag voor jou ‘reus’ en kondig aan: ‘Ek sal jou verslaan in die Naam van die Here die Almagtige!’
17 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min