Woord vir Vandag - 22 Sep 2026

Loading player...
“Die Here God het die mens in die Tuin van Eden aangestel om dit te bewerk en te versorg.” Genesis 2:15 NLV
Doen altyd jou werk goed
Toe God Adam gemaak het, het Hy hom eerstens aan die werk gesit. Dit is omdat werk ons ‘n gevoel van doel, betekenis en waardigheid gee. ‘Die Here God het die mens in die Tuin van Eden aangestel om dit te bewerk en te versorg.’ Adam was dus ‘n tuinier. Of jy nou kontant in ‘n bank tel, op Wall Street verhandel, burgers in ‘n strandstalletjie braai, spesialiteit-disse in ‘n vyfster-restaurant maak, hout in die bos kap of brandhout kloof en aflewer, ‘n span afrig, by ‘n gemeente as pastoor optree, topverkoperboeke publiseer, koerante in die vroeë oggendure aflewer, in ‘n televisieprogram speel, ‘n groot stuk grond bewerk, grasperke sny en afrond, rekenaars verkoop, ‘n vragmotor vol masjinerie bestuur, huise bou, swembaddens skoonmaak, sake voor ‘n regter argumenteer, of familiegeskille as ‘n berader besleg, doen altyd ‘n goeie werk. ‘n Wyse man het eenkeer gesê: ‘Elke werk is ‘n selfportret van die persoon wat dit doen. Onderteken jou werk met uitnemendheid.’ Daniël het dit gedoen en die boonste sport in Babilon bereik. ‘Hierdie Daniël het deur sy buitengewone bekwaamheid so uitgeblink bo die ander ministers en die goewerneurs-generaal dat die koning van plan was om hom oor die hele koninkryk aan te stel’ (Daniël 6:4 AFR83). Daar is geen geringe werkies nie, net mense wat dit as gering beskou en in die uitvoering daarvan gering word. Die Bybel sê: ‘Luiaards begeer baie dinge, maar hulle kry dit nie. Mense wat hard werk, het meer as wat hulle kan begeer’ (Spreuke 13:4 NLV). Doen dus altyd jou werk goed.
17 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min